150 jaar van Suid-Afrikaanse rugby

Selfs in stil tye loop rugbykoors hoog in Suid-Afrika. Met die Rugby-wêreldbeker wat die maand begin sal geesdrif ongetwyfeld nuwe hoogtes bereik.

Wim van der Berg se volledig-geïllustreerde geskiedenis van rugby in Suid-Afrika volg die spoor van die sport reg deur sy glorieryke verlede tot vandag. Dit begin waar die eerste rugbybal gegooi is en gaan voort met die verhaal tot met die Springbokke se fantastiese oorwinning toe hulle die eerste – en weer ’n tweede keer – die rugby-wêreldbeker wen.

Die skrywer kyk ook na die rol van skole- en universiteits-rugby in die ontwikkeling van talent, asook die donker dae toe Suid-Afrikaanse sportspanne nie toegelaat is om oorsee deel te neem nie. Hy bring die verhaal reg tot in die hede, met die mees onlangse ontwikkelinge wat in diepte bekyk word.

Die boek vier die vreugde en die trane van 150 jaar se rugby aan die suidpunt van Afrika.

Skrywer: Wim van der Berg
ISBN: 9780624053347
Prys: ongeveer R 299.00
Formaat: Hardeband, 240pp Swart & wit foto’s

150 jaar van Suid-Afrikaanse rugby
150 jaar van Suid-Afrikaanse rugby
Koop / Buy 150 jaar van Suid-Afrikaanse rugby >>

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar