Anderkant omdraai is ’n versameling van Jan van Tonder se rubrieke wat in Rapport Tydskrif verskyn het.
Kort-kortverhale, essays, sketse en anekdotes wissel mekaar af en bied ’n vermaaklike leeservaring. Die leser van dié rubrieke kan verwag om te lag én om geroer te word.
Van Tonder skryf oortuigend oor die nostalgie van vroeër, en jukstaponeer dit met aktuele sake van vandag.
Van Tonder slaag weereens daarin om lewenswaarhede op ’n ongeforseerde en verrassende vars manier oor te dra.
Anderkant Omdraai / deur Jan van Tonder — Protea Boekhuis, 2011. — 178 p. ; sagteband ; 137 mm x 213 mm. — ISBN 9781869194680 : R 140.00

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)