Bekendstelling van 1795 deur Dan Sleigh in die Kasteel die Goeie Hoop

Julle is almal uitgenooi na die bekendstelling van 1795 deur Dan Sleigh.

Die geleentheid sal plaasvind op Saterdag, 9 Julie in die Kasteel die Goeie Hoop, waar groot dele van die verhaal afspeel. Die roman is verlede jaar aangewys as die wenner van die 2015 Groot Afrikaanse Romanwedstryd.

Linda Rode sal met Sleigh gesels oor sy wenroman en die fassinerende deel van Suid-Afrika se geskiedenis wat dit belig. Die gesprek begin om 11h00.

Moenie dit misloop nie!

Datum: Saterdag, 9 Julie 2016
Tyd: 11:00
Plek: Kasteel die Goeie Hoop
Ou Werwingslokaal
Hoek van Darling- en Buitenkantstraat
Kaapstad | Padkaart
Gespreksgenoot: Linda Rode
RSVP: rsvp@nb.co.za

1795 deur Dan Sleigh in die Kasteel die Goeie Hoop

Lewer kommentaar

Leave a Reply