Die aanspraak van lewende wesens

Wenner van NB-uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd 2012

Komies, hartroerend, meditatief, verruimend! Hierdie kick-ass roman bied ’n priemende blik op twee parallelle reise: ’n man en ’n vrou elk op soek na die oorsake van ’n broer en ’n suster se ondergang.

Na ’n onthutsende oproep van ene Josias Brandt, vertrek Karl Hofmeyr teësinnig om sy broer, Iggy, wie se kop skynbaar uitgehaak het, te hulp te snel. Karl – heavy-metal-fan de luxe – se reis word vertraag deur sy obsessies wat hom in verskillende situasies lelik kniehalter.

Maria Volschenk word op ’n dag oorval deur ’n groot leegte. Sy reis na die Wes-Kaap op ’n sending waarteen sy lankal opsien, in ’n poging om hierdie beleërende leegte af te weer. Die twee verhaallyne vloei saam op ’n onwaarskynlike stadsplaas iewers in Kaapstad, waar die broer, Ignatius Hofmeyr, in ’n bitter tweestryd met die onpeilbare Brandt-kêrel gewikkel is.

 

Die aanspraak van lewende wesens
Die aanspraak van lewende wesens

Die aanspraak van lewende wesens / deur Ingrid WinterbachHuman & Rousseau, 12 September 2012. — 356 p. ; hardeband. — ISBN 9780798157063 :

Taal: Afrikaans
Sleutelwoorde: Die aanspraak van lewende wesens, Ingrid Winterbach

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply