#innibos Irma Joubert en Wilna Adriaanse @ Boeke OppiSTOEP

Boeke is die rustigste en mees getroue vriende; hulle is die toeganklikste en die wysste raadgewers en die geduldigste leermeesters. – Charles W Eliot

Andries Bezuidenhout gesels met twee van Suid-Afrika se gewildste skrywers Irma Joubert en Wilna Adriaanse oor hulle jongste romans.

Wilna Adriaanse het om middernag op 31 Desember 1999 (in die Switserse Alpe) besluit om skryf haar Nuwejaarsvoorneme te maak. Haar eerste boek, Die wingerd sal weer bot, word in 2000 deur Lapa-uitgewers gepubliseer. Haar bekendste boeke is Rebecca (2004), Met ander woorde (2006), Die boek van Ester (2008), Vier seisoene kind (2010) en ’n Klein lewe (2012).

In 2011 verwerf sy haar Meestersgraad in Kreatiewe Skryfkuns aan die Universiteit van Kaapstad onder leiding van prof. Etienne van Heerden. Vir die kursus moes sy ’n roman skryf, wat in 2013 onder die
titel ’n Klein lewe, verskyn. Met die boek breek sy weg van haar ander skryfwerk en die boek word as ’n soort outobiografiese vertelling beskou. Met haar nuutste boek, Dubbelspel, keer sy terug na die soort verhoudingsverhale waarvoor sy bekend geword het, selfs al het hierdie een ’n sterker spanningselement.

Irma Joubert het 35 jaar onderwys gegee voordat sy einde 2004 afgetree en begin skryf het. Tans skryf sy historiese romans, want geskiedenis is haar passie. Haar bekendste boeke is Verbode drif, Ver wink die Suiderkruis, Tussen stasies en die trilogie Anderkant Pontenilo, Pérsomi en Kronkelpad wat by NB verskyn het. Sy het al vele toekennings vir haar skryfwerk ontvang.

Tolbos is die derde boek van Irma Joubert in die trilogie wat bestaan uit Ver wink die Suiderkruis, die eerste boek, en Tussen stasies, die tweede boek. Sy skryf regte mense se stories. Sy fokus op die verhoudings tussen geliefdes, gesinslede, familie, vriende, vreemdes, asook die mens in sy verhouding met die gemeenskap, die natuur en die tyd waarin hy leef.

Met twee skrywers van hierdie kaliber, gaan dit beslis ’n interessante boekgesprek wees!

Met Irma Joubert, Wilna Adriaanse en Andries Bezuidenhout (gespreksleier)

Datum en tyd: Sa 5 Julie om 10:00 17
Venue: Stoep Restaurant (langs Inniboskantoor), Nelspruit
Tydsduur: 75 minute
Prys: Gratis (Bespreek by 013 – 741 2551, slegs 100 plekke beskikbaar.)

innibos 2014

Lewer kommentaar

Leave a Reply