Jou drome: die onbewuste het ál die antwoorde

Die meeste mense kan skaars hulle drome onthou. Maar die bekende skrywer Cas van Rensburg sê deur jou nie te steur aan jou drome nie, loop jy belangrike inligting mis. Jou drome: die onbewuste het ál die antwoorde word deur die uitgewer JL van Schaik beskryf as ´n omvattende maar toeganklike boek oor die sin van drome in elkeen se lewe. Die skrywer dui deur middel van Jungiaanse teorië aan hoe ´n mens jou drome kan gebruik as ´n gids om jouself en jou wêreld beter te verstaan en te hanteer.

Jy het al die antwoorde op jou vrae, sê dié boek – jou onbewuste weet eintlik die beste!

JL van Schaik sê gidse tot selfkennis en -verbetering en die “brein/liggaam/gees”-kategorie is uiters gewild. Jungiaanse sielkunde geniet ook ´n sterk en groeiende aanhang onder Suid-Afrikaanse lesers.

Cas van Rensburg is ´n Jungiaanse sielkundige. Hy is ook ´n bekende joernalis en was Boekeredakteur van Insig.

Jou drome: die onbewuste het ál die antwoorde is by goeie boekwinkels beskikbaar.

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar