Karel SchoemanKarel Schoeman is op 26 Oktober 1939 in Trompsburg in die Vrystaat gebore. Hy matrikuleer in 1956 aan die Hoër Jongenskool in die Paarl. In 1959 verwerf hy ’n B.A. Tale aan die Universiteit van die Vrystaat. In 1961 sluit hy by die Fransiskaanse Orde in Ierland aan as novisiaat vir priesterskap, maar keer dan terug na Bloemfontein om ’n Hoër Diploma in Biblioteekkunde te verkry. Voordat hy in 1983 finaal na Suid-Afrika terugkeer, is hy onder andere bibliotekaris in ’n Amsterdamse biblioteek en verpleër in Glasgow, Skotland. Hy het van 1983 tot met sy aftrede in 1998 as argivaris by die Suid-Afrikaanse Biblioteek in Kaapstad gewerk. Tans woon hy op sy geboortedorp, Trompsburg.

Karel is nie net bekend as romanskrywer nie, maar ook as historikus en vertaler. Hy het al drie keer die Hertzogprys vir prosa ontvang in 1971 (By Fakkellig, ’n Lug vol helder wolke en Spiraal), 1986 (’n Ander land) en 1995 (Hierdie lewe). Hy het die Recht Malan-prys vir niefiksie al vier keer ontvang. Sy outobiografie wat in 2002 verskyn het, is getiteld Die laaste Afrikaanse boek.

BEKRONINGS
Hertzogprys vir prosa (1970) – By Fakkellig, ’n Lug vol helder wolke en Spiraal
CNA-prys (1972) – Na die geliefde land
Recht Malan-prys vir niefiksie (1983) – Vrystaatse Erfenis
Ou Mutual-prys (1984) – ’n Ander land
WA Hofmeyr-prys (1985) – ’n Ander land
Hertzogprys vir prosa (1986) – ’n Ander land
Helgaard Steyn-prys (1988) – ’n Ander land
SAUK-prys vir beste televisiedrama (1990) – Op die grens
Ou Mutual-prys (1991) – Afskeid en vertrek
CNA-prys (1994) – Hierdie lewe
Hertzogprys vir prosa (1995) – Hierdie lewe
M-Net-prys (1997) – Verkenning
Stals-prys vir kultuurgeskiedenis van die Akademie vir Wetenskap en Kuns (1997)
Recht Malan-prys vir niefiksie (1998) – Dogter van Sion
Staatspresident-toekenning vir Voortreflike diens (1999)
Eredoktorsgraad van die Universiteit van Kaapstad (2000)
Recht Malan-prys vir niefiksie (2002) – Armosyn van die Kaap
Recht Malan-prys vir niefiksie (2003) – Die laaste Afrikaanse boeke
Eredoktorsgraad van die Universiteit van die Vrystaat (2004)

PROSA
1964 By fakkellig, Human & Rosseau
1965 Veldslag, Human & Rousseau
1967 ’n Lug vol helder wolke, Human & Rousseau
1968 Spiraal, Human & Rousseau
1971 Op ’n eiland, Human & Rousseau
1972 Na die geliefde land, Human & Rousseau
1975 Die noorderlig, Human & Rousseau
1976 Om te sterwe, Human & Rousseau
1977 Afrika: ’n roman, Human & Rousseau
1979 Die hemeltuin, Human & Rousseau
1980 Die reisiger, Human & Rousseau
1981 Waar ek gelukkig was, Human & Rousseau
1984 ’n Ander land, Human & Rousseau
1990 Afskeid en vertrek, Human & Rousseau
1993 Hierdie lewe, Human & Rousseau
1995 Die uur van die engel, Human & Rousseau
1996 Verkenning, Human & Rousseau
1998 Verliesfontein, Human & Rousseau

NIEFIKSIE
1966 Berig uit die vreemde, ’n Ierse dagboek, Human & Rousseau
1968 Van ’n verre eiland; ’n tweede Ierse dagboek, Human & Rousseau
1969 Lig in die donker, Human & Rousseau
1973 Eroica, Human & Rousseau
1975 Besoek… ’n Teks vir beeldradio, Human & Rousseau
1975 Gode, helde en konings; middeleeuse verhale, Human & Rousseau
1975 Somerpaleis, Human & Rousseau
1976 Finn en sy mense; die avonture van die fianna van Ierland, Human & Rousseau
1976 Die hart van die son, Human & Rousseau
1976 Die jare… ’n teks vir beeldradio, Human & Rousseau
1977 Koninkryk in die noorde; ’n boek oor Skotland, Human & Rousseau
1978 Onderweg; reisherinnerings, Human & Rousseau
1978 Die walskonings, Human & Rousseau
1980 Bloemfontein: die ontstaan van ’n stad 1846-1946, Human & Rousseau
1982 Die dood van ’n Engelsman: die Cox-moorde van 1856 en die vroeë jare van die Oranje-Vrystaat, Human & Rousseau
1982 Vrystaatse erfenis: bouwerk en geboue in die 19de eeu, Human & Rousseau
1983 In liefde en trou: die lewe van president M.T. Steyn en mevrou Tibbie Steyn met ’n keuse uit hul korrespondensie, Human & Rousseau
1984 Bibliografie van die Oranje-Vrystaat tot 31 Mei 1910, Human & Rousseau
1986 Die wêreld van die digter: ’n boek oor Sutherland en die Roggeveld ter ere van N.P. van Wyk Louw, Human & Rousseau
1987 Bloemfontein in beeld: 1860-1910, Human & Rousseau
1989 Olive Schreiner: ’n lewe in Suid-Afrika, 1855-188, Human & Rousseau
1992 Only an anguish to live here: Olive Schreiner and the Anglo Boer-War, 1899-1902, Human & Rousseau
1994 Irma Stern: the early years, 1894-1933, South African Library.
1994 Die kort sendingloopbaan van Sophia Burgmann, 1805-1812, Suid-Afrikaanse biblioteek
1995 Die moord op Hesje van der Merwe, 19 Oktober 1837, Hantam Huis.
1995 Die wêreld van Susanna Smit, 1799-1863, Human & Rousseau
1996 J.J. Kirchener en die vroeë sending, 1799-1806, Human & Rousseau
1997 Dogter van Sion: Machtelt Smit en die 18de-eeuse samelewing aan die Kaap, 1749-1799, Human & Rousseau
1998 Merksteen, Human & Rousseau
1999 Armosyn van die Kaap: Voorspel tot vestiging, 1415-1651, Human & Rousseau
1999 Stamland: ’n reis deur Nederland, Human & Rousseau
2001 Armosyn van die Kaap: Die wêreld van ‘n slavin, 1652-1733, Human & Rousseau
2002 The Griqua captaincy of Philippolis, 1826-1861, Protea Boekehuis.
2002 Die laaste Afrikaanse boek, Human & Rousseau
2004 ’n Duitser aan die Kaap, 1724-1765: die lewe en loopbaan van Hendrik Schoeman, Protea Boekehuis.
2005 The Early Mission in South Africa / Die Vroeë Sending in Suid-Afrika, 1799-1819, Protea Boekehuis
2006 Kinders van die Kompanjie: Kaapse Lewens uit die Sewentiende Eeu, Protea Boekehuis
2007 Early Slavery at the Cape of Good Hope, 1652-171, Protea Boekehuis
2008 Patrisiërs en Prinse: Die Europese Samelewing en die Stigting van ‘n Kolonie aan die Kaap 1619-1715, , Protea Boekehuis

VERTALINGS
Na die geliefde land (1972)
•Engels (Promised land, 1978) en Frans (Retour au pays bien-aimé, 2006)

’n Ander land (1984)
•Engels (Another Country, 1991), Nederlands (Een Ander Land, 1992), Duits (In einem fremden Land, 1993) en Frans (En étrange pays, 2007)

Olive Schreiner: ’n lewe in Suid-Afrika (1989)
•Engels (Olive Schreiner: A Woman in South Africa, 1991)

Afskeid en vertrek (1990)
•Engels (Take Leave and Go, 1992) en Frans (La Saison des Adieux, 2004)

Hierdie lewe (1993)
•Engels (This Life, 2005) en Frans (Cette Vie, 2009)

Merksteen (1998)
•Nederlands (Merksteen: Een Dubbelbiografie, 2004)

Sluit aan by die Gesprek

3 Kommentare

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar