Moord-en-roof: In die kop van ‘n baasspeurder

Moord-en-roof: In die kop van ‘n baasspeurder
Roekeloos
23 Februarie


In die dae toe speurders nog aan hul safaripakke en Grasshopper-skoene uitgeken kon word, was die Moord-en-roofeenheid ewe beroemd as berug.

Charles Miller was een van hul topspeurders. As lid van die Wes-Randse tak het hy verskeie opspraakwekkende moord- en roofsake danksy deeglike speurwerk en ’n uitstekende netwerk opgelos. Bloedbesmeerde moordtonele, donker hole, omstrede ondervragingsmetodes en smerige informante was alles deel van sy werk. Vir hom en sy kollegas het die adrenalien van klappende skote soos ’n dwelm geword.

Maar om jou lewe elke dag op die spel te plaas, eis sy tol. Miller het later ook telling verloor van hoeveel misdadigers hy in die uitvoering van sy pligte doodgeskiet het.

’n Ware verhaal oor die strewe na geregtigheid en hoe dit dikwels tot ’n ongemaklike dans met die donker kant lei.

Koop / Buy Moord-en-roof: In die kop van ‘n baasspeurder >> (sagteband)

Moord-en-roof: In die kop van 'n baasspeurder
Moord-en-roof: In die kop van ‘n baasspeurder
Koop / Buy Moord-en-roof: In die kop van ‘n baasspeurder >> (eBoek)

Moord-en-roof: In die kop van ‘n baasspeurder / deur Albert BlakeTafelberg, 16 September 2013. — 272 p. ; sagteband. — ISBN 9780624057581 : R 180.00

2

Lewer kommentaar

Leave a Reply