Oepse daisy

Die maklik begaanbare weë hou vir Johan Bakkes geen aantrekkingskrag nie; nee, vir hom altyd maar die smalle weë wat met bloedsweet gepaardgaan. Dáár waar min ander dit nog gewaag het.

Hier is oudergewoonte heerlike, avontuurlustige vertellings oor ver én naby reise, propvol humor, en nooit sonder deernis vir die medemens nie.

Dit gaan hier oor die sielsdinge van reis en verken, veel eerder as die plek en die pad daarheen … Die reis bly die tema, maar die ouderdom maak dat melankolie en nostalgie sy kop uitsteek.

En uiteindelik wys hy ons hy’s nog nie náástenby naby aan “pushing up daisies” nie.

Klik hier vir een van die C. Johan Bakkes-stories wat nie in die bundel verskyn nie. (PG 13)

Oepse daisy / deur C. Johan Bakkes — Queillerie, 2011. — ISBN: 9780795800306

Oepse daisy
Oepse daisy

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply