Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (waarvan die eerste uitgawe reeds 70 jaar gelede verskyn het) is die handwoordeboek waarin die grootste versameling trefwoorde in Afrikaans verklaar word.

Hierdie tweede, hersiene uitgawe bevat meer as ’n duisend nuwe inskrywings en meer as 3 000 afkortings. In totaal, word word die betekenisse van meer as ’n 100 000 woorde in die tweede uitgawe eenvoudig verklaar. Dit maak hierdie handwoordeboek die omvattendste verklarende Afrikaanse woordeboek wat in Suid-Afrika beskikbaar is. Boonop weerspieël die herbewerking die jongste Afrikaanse spellings, wisselvorme en skryfwyses volgens die pas gepubliseerde Afrikaanse Woordelys en Spelreëls.

Inligting oor woordsoorte, meervoude, verkleinwoorde, trappe van vergelyking en die verbuiging van werkwoorde word eenvoudig en eksplisiet aangedui, wat die woordeboek uiters gebruikersvriendelik maak. Tienduisende sinonieme en ander betekenisverwante woorde is opgeneem, asook idiome en vaste uitdrukkings.

As jy wil weet wat jeera, konjunktuursiklus of mitochondrion beteken; waar jy ’n silikon-mikroskyfie of ’n witdwerg sal vind; wat die sinoniem vir Internetblaaier is, of waarna lwtk., w.k.w. of BUVTON verwys, is hierdie nuwe uitgawe van die Verklarende Afrikaanse Woordeboek ’n moet op jou boekrak.

Skrywer: FJ Labuschagne, L.C. Eksteen

Verklarende Afrikaanse Woordeboek
Verklarende Afrikaanse Woordeboek

ISBN: 9781868901005
Verklarende Afrikaanse Woordeboek
Quintus van Rensburg
4.5 / 5

vir GRATIS woordeboeke sien ons:

Afrikaanse antonieme (Afrikaans)

Afrikaanse sinonieme (Afrikaans)

Afrikaanse Woordelys (Afrikaans)

Intensiewe vorme (Afrikaans)

Roekelose Woordeboek (Engels / Afrikaans)

… talle ander woordeboeke

en

Afrikaanse spreekwoorde, gesegdes, sêgoed en ander lekkernye (Afrikaans)

Sluit aan by die Gesprek

21 Kommentare

  1. Hallo!
    Ek is opsoek na snaakse woorde van tipe vleissnitte…soos bv. Fillet in Engels, wat in Afrikaans as ‘Beeshaas’ bekend is. Asb laat weet indien julle my kan help.

    Baie dankie!
    Groete,
    Sonet

  2. Hai,
    Ek wil net weet waar ek n verklarende woordeboek op Google kan kry??

    Van
    Mabette

    1. Mabettie, ek is ook nou opsoek na n verklarende woordeboek? Kon jy dalk al iewers regkom?

      As daar iemand is wat kan help met n verklaarende woordeboek op die internet sal ek dit baie waardeer as jul my kan verwys?

    2. Hi Julle
      Ek is self al vir ‘n geruime tyd al op soek na ‘n AFTIKAANSE VERKLARENDE WOORDEBOEK soos wat die HAT is – net elektronies of selfs aanlyn. Ek het al selfs met NWU geskakel. As julle iets kry wat van waarde is sal ek ook graag daarvan wil weet.

  3. Wat is die oorsprong van “Moederstad” en “Vaderland”? Waarom die geslagtelike verskil? Tog sê ons in Engels “Mother City” en “Mother Land”.

    1. Dit wil voorkom asof ons die “vaderland” by Nederlands geërf het. Die woord dateer terug na die 16de eeu, so miskien weerspieël dit gewoon die patriargaat van die tyd. So gebruik die Duitsers en Switsers ook “vaderland”, maar die Russe weer Moeder Rusland. ’n Ander oorweging is dalk die geslag van die oorspronklike naamwoorde “stad” en “land” in die onderskeie tale. Dit is net hardop dink hierdie 🙂

  4. Wat is die korrekte meervoudsvorm van die woord “toegestaan”

  5. Help ash met die vertaling van die woord craft. Kunsvlyt is nie altyd heeltemal gepas nie.

  6. Ek is opsoek na ‘n sinoniem ofsinonieme vir die woord “sluitmuur” of “slutmure”

    Kan iuemand dalk help

    1. Dit het twee betekenisse in Afrikaans. Die eerste een word gebruik vir iets wat aanmekaarkleef, bv. “Sy hare is vol modder en kleef koekerig aan sy voorkop.” Die tweede betekenis word gebruik om te verwys na ’n agteraf of eenvoudige meisie/vrou, bv. “Daardie haarstyl laat haar effe koekerig lyk”. Mens hoor ook laasgenoemde gereeld waar die spreker voel die meisie is té kuis.

Lewer kommentaar

Leave a Reply