Dit is ’n voorstad met skole, ’n rooigordyn-fliek, ’n OK Bazaar en die Hertzog- en Strijdomtorings op die horison. ’n Voorstad waar pa’s met die trein werk toe ry en ma’s by die huis bly. Waar die strate na die maande van die jaar genoem is. Dis in dié geweste waar die elfjarige Matthys Bothma deur die Blou Trein gestamp word. Op wonderbaarlike wyse oorleef hy en kry terstond die bynaam Vlieger.
Die sestiger- en sewentigerjare word hier vars en helder herskep. Nostalgiese verhale met ’n stewige skoot humor, en dikwels trane sáám met die lagbuie.
♦♦♦

Vlieger – en die gevare van die close dance / deur Harry Kalmer — Queillerie, 20 September 2012. — sagteband. — ISBN 9780795800429 :
Koop / Buy Vlieger – en die gevare van die close dance >> (sagteband)
Koop / Buy Vlieger – en die gevare van die close dance >> (ePub formaat / DRM)
Taal: Afrikaans
Sleutelwoorde: Vlieger – en die gevare van die close dance, Harry Kalmer