Orson Welles het nie sonder rede na haar verwys as die “most exciting woman in the world” nie. Eartha Kitt se hees stem het gesmeul, was half uitdagend met ondeunde ondertone. Heel gepas by ‘n gloeiende vuurherd op ‘n koue wintersnag.
Kategorie Argiewe:Musiek
Miriam Makeba 1932 – 2008
Miriam Makeba, of soos sy bekend was, Mama Afrika, het gister aan ‘n hartaanval beswyk. Sy was 76.
Dit is wat dit is
Gerald Clark word in die sirkel van Suid-Afrikaanse kunstenaars en musikante gereken as een van die grootste, kraakvars talente in ons land!
Gerald Clark en Luna
Gerald Clark word in die sirkel van Suid-Afrikaanse kunstenaars en musikante gereken as een van die grootste, kraakvars talente in ons land!
Diesel Denim
Luhann het sy loopbaan afgeskop, en sy pad na roem begin stap toe hy op die tere ouderdom van 8 ‘n Mini-Idols kompetisie gewen het. Nou, na 6 jaar van groei, ontwikkel, en tande slyp in die Kunstefees arena, stel Luhann sy debuutalbum Diesel Denim vry.
Skoelappers
Die kort en die lank van die Onwerklike Elandsrivier-Orkes is dat sy musiek wel werklik is. Dit is lig, nie in die tradisionele sin van die woord nie, maar eerder “veer-lig,” soos skoelappers – eenvoudig en stylvol.
Onthou
Met splinternuwe liedjies uit die pen van Stef Kruger, André M en Jaco Barnard, is die agtienjarige Carina Renz se musiek ‘n briesie wat vanuit die Oos-Kaap waai.
Lego-albums
Lego-weergawes van bekende musiekalbums.
Springbok Radio
Is jy bewus daarvan dat Springbok Radio herleef het op die Internet?
Goud en silwer vir pianiste
Met ses pianiste onder die agt deelnemers in die finale ronde van die 20ste Sanlam- Nasionale Musiekkompetisie wat Vrydagaand (26/9) in Parow ten einde geloop het, was dit nie ‘n verrassing dat een van hulle met die goue medalje huis toe is nie.