Die Tulbagh-skou is die oudste deurlopende skou in Suid-Afrika. Die skou is vanjaar 152 jaar oud.
Kategorie Argiewe:Blomme
Cape Orchid Society Autumn Show 2023
Cape Orchid Society Autumn Show is een van twee jaarlikse geleenthede wat jaarliks deur die Cape Orchid Society aangebied word.
Wildeknoffel
Tulbaghia violaceaWildeknoffel in ’n bolplant wat voorkom in die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en Gauteng.Die plant word tot 450 mm hoog en is goed bestand teen ryp en droogte, maar hulle hou nie daarvan om versteur te word nie.Die blare is grysgroen en die lilakleurige blomme verskyn in die somer.(foto: Manuel Martín Vicente)
Rooikalossie / Rooikalkoentjie
Tritonia crocataDie rooikalossie word in die Suid-Kaap aangetref. Dit is ’n knolplant wat tot 250 mm hoog word, met oranjerooi blomme wat in die lente verskyn.Die rooikalossie hou van sanderige grond en baie water in die groeiseisoen.(foto: Stan Sheb)
Sterretjies
Spiloxene capensisHierdie knolplant met helder, stervormige blomme kom natuurlik voor in die Suidwes-Kaap. Die wit blomme verskyn in die lente.(foto: Andrew Massyn)
Darling Wildflower Show 2022
Fluweeltjie
Sparaxis aartilobaKlein, meerjarige knolplante inheems aan die Suidwes-Kaap. Dit hou van goed dreineerbare grond. Hulle moenie onnodig gesteur word nie en kan vanself voortplant.Die blomme word gedra aan die punte van slap, dun stingels. Dit is pienk-oranje met ’n donker vlek aan die basis.
Bergbruidjie / Trots-van-Franschhoek
Serruria floridaDie bergbruidjie kom natuurlik voor in die berge van die Suidwes-Kaap. Dit is ’n immergroen struik wat tot 1,6 meter hoog word.Die sysagte, donsagtige blomme is ligpienk tot donkerpienk en verskyn in die winter en lente.
Blouberglelie
Scilla natalensis’n Bolplant met ’n kort breë blaar wat in die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Vrystaat en Mpumalanga voorkom.Die blouberglelie word se bloeistele word tot 1 meter hoog en klein blou blommetjies verskyn in die lente.Die plant hou van ryk en dreineerbare grond.Foto: Stan Sheb
Rivierlelie
Schizostylis coccineaDie rivierlelie is ’n meerjarige plant met stervormige, karmosynrooi blomme. Die blomme verskyn in die somer. Die plante groei naby water en jy sal hulle vind in verskeie berge in Suid-Afrika.Hulle wil deels in die skadu wees en vereis goeie grond.