Verfkwas

Scadoxus pumiceusDie verfkwas verkies komposryke, goed dreineerbare grond en ’n vogtige, warm klimaat. Die plant kom wydverspreid voor in die Oos-Kaap.Die verfkwas word tot 500 mm hoog en het bleekrooi blomme.

Bloedlelie

Scadoxus multiflorus subsp. multiflorusBloedlelies verkies komposryke, goed dreineerbare grond en ’n vogtige, warm klimaat. Die plant kom wydverspreid voor in die noorde van Suid-Afrika.Bloedlelies word tot 450 mm hoog en het bloedrooi blomme.

Rooikappie

Satyrium carneumDie rooikappie is ’n bladwisselende, knolagtige grondorgidee. Die plant het gewoonlik net twee blare waaruit een stewige bloeisteel groei. Dit word tot 450 mm hoog en die blomme verskyn in die lente en somer.Die rooikappie is inheems aan die Suidwes-Kaap.

Geelklokkie

Sandersonia aurantiacaDie geelklokkie is ’n meerjarige knolplant wat net in Suid-Afrika voorkom.Die plant rank tot 600 mm hoog met mooi oranje blomme wat in die somer verskyn. Dit verkies halfskadu, komposryke grond en moet gereeld water kry.

Froetang

Romulea rosea var. rosea’n Klein knolplant met grasagtige blare en roospienk blomme. Froetangs groei in nat kleigrond in die Suidwes-Kaap. Hulle verkies baie water in die groeiseisoen en baie droë toestande die res van die jaar. Hulle moet ook in die son staan, anders blom hulle nie.

Protea

Hierdie blomme kom wydverspreid vooroor Suid-Afrika. Sommige groei redelik maklik in tuine en is vrylik beskikbaar.Moet asseblief nie proteas uit hul natuurlike habitat verwyder nie. Sekere proteas is skaar en word streng beskerm.(foto: Pierre André)