Blouwaterlelie

Nymphaea capensis’n Genus meerjarige waterplante wat wêreldwyd voorkom. Die plant se groot, plat blare dryf op die water en sprei tot 1 meter wyd. Die blomme van die blouwaterlelie word bo die watervlak gedra. Die blomme is hemelsblou, maar daar is ook wit, room en pienk blomme.(foto: Harry Rose)

Strandroos / Papierblom

Limonium peregrinumDie strandroos kom vooraan die kus van die Suidwes-Kaap. In Langebaan en ook in die Suidwes-Kaap, kom ’n lid van dieselfde genus voor, Limonium capense. Dit is nie so aanskoulik soos die strandroos nie en, soos ek verstaan, word dit ook papierblom genoem. Laat weet gerus indien jy weet van ’n ander naam wat …

Speldekussing

Leucospermum cordifoliumDie struike groei netjies simmetries rond en word tot 1,5 meter hoog.Die blomme is gewilde uitvoer-blomme. Hulle word tot 100 mm in deursnee in verskillende kleure. In die natuurlike habitat in die Suidwes-Kaap kan die plant blom vir etlike maande in die winter, lente en somer.