aalmoes

woordsoort: selfstandige naamwoord

meervoud: -e

1 geskenk aan ’n behoeftige mens

voorbeeld: ’n Aalmoes is ’n afknypseltjie uit weelde vir gebrek. (CJ Langenhoven)

2 geskenk/guns wat op hooghartige wyse aangebied word

voorbeeld: Ek vra werk, nie aalmoese nie.

herkoms: eleemosune (Grieks)