Roekeloos
Die sukses van hierdie film is te danke aan Deense regisseur Lone Sherfig se fyn aanvoeling vir die pad wat elke tienermeisie moet stap – ‘n pad vol slaggate.
Sherfig se poging word ondersteun deur ‘n uitstekende vertolking deur nuweling Carey Mulligan en die gesoute Peter Sarsgaard.
Mulligan se rol was ‘n besondere uitdaging. ‘n Slim, sestienjarige skoolmeisie wat ‘n verhouding aanknoop met ‘n man wat twee keer so oud soos sy is. Oxford roep, maar die meisie het ander planne. Sy is goed bewus van haar aksies en begeertes. Sy wil losruk en die wêreld beleef, honger vir alles wat dit haar kan bied. Tog is sy nie seker oor wat op haar wag nie.
Die film se komiese ondertone hou dinge gemaklik. ‘n Meer ernstige benadering kon ‘n onsmaaklike skaduwee oor die storie gegooi het, veral die skoolmeisie en ouer man scenario. Lone Sherfig het waarlik ‘n haas uit die hoed gepluk met die een.

Regisseur: Lone Sherfig
Met: Carey Mulligan, Peter Sarsgaard & Alfred Molina
3.5