Om almal te kry om saam te stem oor ‘n lys van goeie flieks is ‘n onbegonne taak. Wat ‘n lys van kinderflieks soveel moeiliker maak is dat ons nie altyd kan seker wees van hoe ‘n vierjarige ‘n film ervaar nie. Baie grootmense se gunstelinge maak nie die lys nie, omdat flieks wat ons aanvaarbaar vind vir tieners eenvoudig vreesaanjaend mag wees vir ‘n graad tweetjie. Die volgende lys is saamgestel met kinders van alle ouderdom in gedagte, solank hulle vir die duur vir die film kan stilsit natuurlik.

1. Toy Story (1995)

Die mees bekroonde animasiefliek van alle tye. ‘n Storie oor speelgoed wat praat, watter kind gaan nie daarvan hou nie.

2. Finding Nemo (2003)

Klein Nemo die vissie besluit om die see te gaan verken tot groot verdriet van sy pa Marlin. Nemo word deur ´n duiker gevang en dis sy pa en Dory (wat aan geheueverlies ly) wat saamspan om hom op te spoor.

3. Babe (1995)

‘n Klein varkie wat dink hy is ‘n hond. Varke het baie meer respek gekry na die fliek. Ps. Varke is net so slim soos honde.

4. The Lion King (1994)

‘n Leeuwelpie word gekul om te dink dat hy sy pa se dood veroorsaak het. ‘n Film wat vandag nog so gewild is soos in 1994.

5. Toy Story 2 (1999)

In nommer twee word Woody gesteel en Buzz Lightyear en die res van die speelgoed moet hulle maat gaan red.

6. Shrek (2001)

Eendag lank lank gelede, 1990 om nou eerlik te wees, het ene William Steig ´n verhaal geskryf oor Shrek, ´n groen lieftallige mensvreter wat besonder skepties was oor feëverhale.

7. The Wizard of Oz (1939)

Die wind waai Dorothy na ‘n towerwêreld waar sy die towenaar moet opspoor en die nare heks moet pypkan om weer by die huis te kan kom.

8. The Incredibles (2004)

Metroville het nie meer superheroes nie en dit is Mr. Incredible wat alleen staan teen die wêreld se booswigte, dit is nou as sy vrou hom toelaat.

9. Monsters, Inc. (2001)

Die keer het hulle daai monsters wat kinders in die nag skrikmaak uit die kas uit gaan haal … met sukses. Die monsters is egter die goeie ouens wat kinders help na nog ´n volgende trappie van volwassenheid.

10. Shrek 2 (2004)

Weer die groen monster. Die keer word die storie mooi gebalanseer met avontuur, vriendskap en romanse.

11. E.T. Extra Terrestrial (1982)

‘n Vreemde, vredeliewende botanis uit die buitenste ruim word deur ‘n groep kinders gehelp om huis toe te keer.

12. Home Alone (1990)

‘n Agjarige wat vir geen inbreker skrik nie.

13. The Sound of Music (1965)

Een van die gewildste Amerikaanse films van alle tye.

14. Mary Poppins (1964)

‘n Kinderoppasser met spesiale talente.

15. Happy Feet (2006)

Voet-loose vir pikkewyne.

16. The Little Mermaid (1989)

‘n Meermin verkoop haar stem aan ‘n heks om naby die liefde van haar lewe te wees.

17. Harry Potter and the Philosopher’s Stone (2001)

Master Potter se flieks kon almal kwalifiseer, as hulle net nie so bangmaak was nie.

18. The Chronicles of Narnia: The Lion, The Witch and The Wardrobe (2005)

‘n Pragtige fantasie vir die hele gesin.

19. A Bug’s Life (1998)

‘n Avontuur in die wêreld van insekte. Lekker lag met oulike karakters.

20. Madagascar (2005)

Madagascar vertel die verhaal van ‘n groep diere wat uit die San Diego-dieretuin ontsnap, weer gevang word en op ‘n skip na Kenia beland. Hulle kaap die skip, maar onderweg na Antarktika beland ‘n paar van die bevare diere op die eiland Madagaskar.

21. Up (2009)

Maak ballonne aan jou huis vas en vlieg.

22. Inside out (2015)

Baie oorspronklik en kan ’n traan of twee laat verskyn.

23. How to Train Your Dragon (2010)

Hiccup en Toothless ontdek ’n grot vol drake.

24. Aladdin (1992)

‘n Laaitie van die straat raak verlief op ‘n prinses, maar sy mag slegs met ‘n prins trou.

25. 101 Dalmatians (1961)

Cruella De Vil ontvoer ‘n swetterjoel klein hondjies en hulle ma en pa moet hulle gou opspoor voor hulle pelsies deel van ‘n jas word.

26. The Jungle Book (1967)

Mowgli, die seuntjie wat tussen diere grootgeword het, keer terug na die wêreld van mense.

27. Stuart Little (1999)

Stuart Little, die klein muisie met die hart van goud.

28. Beauty and the Beast (1991)

Belle bied haarself aan vir die monster wat haar pa gevange hou.

29. Charlotte’s Web (2006)

Wilbur word groot op die plaas en soos meeste varke is hy bedoel vir die pot, maar Fern en die spinnekop Charlotte probeer hul bes om die vark in een stuk te hou.

30. Snow White and the Seven Dwarfs (1938)

Sneeuwitjie, die heks, die dwergies, die prins en ‘n hele klomp lekker liedjies.

Lewer kommentaar

Leave a Reply