Die Bou van ’n Nasie is ’n Afrikaanse rolprent wat in 1938 uitgereik is. Dit is die tweede Afrikaanse rolprent wat in Suid-Afrika vervaardig is. Die rolprent is ’n interpretasie van die geskiedenis van Suid-Afrika van 1652 tot 1910. Dit is vir die honderdjarige herdenking van die Groot Trek (in 1938) vervaardig.

Die Bou van ‘n Nasie
Uitbeelding van Cilliers se voordrag van die gelofte, 1838. (foto: Voortrekker Monument Museum)