Finding Nemo

Met die stemme van: Albert Brooks, Ellen DeGeneres, Alexander Gould, Willem Dafoe, Geoffrey Rush, Elizabeth Perkins & Eric Bana
Regisseur: Andrew Stanton

Pixar kon tot nou nog nie ´n slegte fliek uitbring nie. Die keer kom die see aan die beurt en soos te wagte van die skeppers van Toy Story en Monsters Inc. is dit weer ´n wenner.

Die storie handel oor klein Nemo wat eendag besluit om die see te gaan verken tot groot verdriet van sy pa Marlin. Nemo word deur ´n duiker gevang en dis sy pa en Dory (wat aan geheueverlies ly) wat saamspan om hom op te spoor. Intussen word Nemo se ontsnapping beplan uit die vistenk waar hy opgeland het.

Die film handhaaf ´n goeie pas en die kwinkslae kom aanhoudend. Heelwat van die humor sal bo die vuurmaakplek van kinders wees, maar die kleurvolle karakters sal beslis by hulle byval vind.

My gunsteling is die haaie wat aan ´n ondersteunersgroep behoort wat glo dat “visse is vriende, nie voedsel”, soos te wagte trap hulle egter meer as gereeld oor die tou.

Perfek vir die komende vakansie!

7/10

Sluit aan by die Gesprek

2 Kommentare

Lewer kommentaar

Leave a Reply