Golden Globe-benoemings vir Invictus en District 9

Die rolprente waarby Suid-Afrikaners belang het duik op in die Golden Globe benoemings wat Maandag bekend gemaak is.

Die rolprent Invictus duik verskeie kere op met Morgan Freeman wat benoem is as beste akteur vir sy vertolking van pres. Nelson Mandela, Clint Eastwood is in die kategorie beste regisseur benoem vir sy regie van dié fliek en die Matt Damon, wat die rol van Francois Pienaar vertolk, is benoem as beste byspeler.

District 9, wat in Suid-Afrika vervaardig is deur die gewese Suid-Afrikaner Neill Blomkamp, is benoem in die kategorie vir beste draaiboek.

District 9

Invictus

Lewer kommentaar

Leave a Reply