Hier’s ons weer

2010 lyk soos die jaar van opvolgrolprente en moderne weergawes van ou gunstelinge.

Harry Potter and the Deathly Hallows: Part I word hierdie jaar verwag en sal groot getalle na die loket trek.

In Toy Story 3 verlaat Andy die huis en Woody, Buzz en die res van die speelgoed moet in ‘n dagsorgsentrum probeer oorleef.

Tim Burton is verantwoordelik vir die jongste Alice in Wonderland en dit behoort niks minder as ‘n tipiese Burton-skouspel te wees nie.

Louis Leterrier gaan letterlik die hel op aarde loslaat in die moderne weergawe van Clash of the Titans. Al wat ‘n moderne filmtruuk is word gebruik in dié moderne weergawe.

Die ikoniese Freddy Krueger is terug met ‘n sak vol nagmerries in ‘n moderne A Nightmare on Elm Street en hy soek na alles behalwe ‘n naelsalon.

Robert Downey Jr keer vanjaar terug as Tony Stark, denkende man se superhero, in Iron Man 2.

In die omgewing van Nottingham bewe al wat ‘n Britse edelman al weer, want Robin Hood is terug, aangevuur deur Ridley Scott en in die vorm van Russell Crowe.

Shrek is terug in sy vierde film. Die keer is dit Shrek Forever After. Dit is weer vol van bekende stemme: Mike Myers, Cameron Diaz, Eddie Murphy, Antonio Banderas, Julie Andrews, Justin Timberlake, Eric Idle, Regis Philbin en Larry King.

Sex in the City 2 is seker nie ‘n verrassing na die sukses van die eerste fliek nie Sarah Jessica Parker, Kim Cattrall en Kristin Davis is terug. Jy kan ook verwag om Miley Cyrus, Penélope Cruz en Liza Minnelli te sien.

Daar was al vorige weergawes van die Prince of Persia, die gevolg van ‘n gewilde videospeletjie met die naam. Ongelukkig was hulle almal deur die bank swak. Dis seker veilig om te raai dat hierdie een die beste gaan wees tot op hede. Prince of Persia: The Sands of Time se rolverdeling sluit in Jake Gyllenhaal, Ben Kingsley en Alfred Molina.

The A-Team is ‘n gewilde TV-program uit die tagtigs. Dirk Benedict wys gesig in die filmweergawe. Die rolverdeling sluit in Liam Neeson as Col. John ‘Hannibal’ Smith, Jessica Biel en Suid-Afrika se Sharlto Copley as Capt. ‘Howling Mad’ Murdock.

Ook uit die tagtigs ontwaak The Karate Kid in ‘n moderne gedaante. Die hoofrol word vertolk deur Will Smith se seuntjie Jaden Smith. Sy meester is niemand anders as Jackie Chan nie.

Die Fockers is ook terug en die keer is daar Little Fockers.

Rapunzel kom maak haar hare los, maar nie te veel nie want dit is ‘n Disney fliek.

Tron Legacy volg die tagtigs se Tron op. Die weergawe behoort baie beter te wees, te oordeel aan die tegniese kwaliteit van die dele wat ons al gesien het. Golden Globe-wenner Jeff Bridges speel weer in die een.

Ons kry ook ‘n nuwe weergawe van The Green Hornet. Seth Rogen is die Gren Hornet … ja jy het reg gelees, Seth Rogen. Cameron Diaz staan rond en lyk mooi.

En natuurlik sal die jaar afsluit met die volgende episode in die Twilight-saga, The Twilight Saga: Eclipse.

Sluit aan by die Gesprek

2 Kommentare

Lewer kommentaar

Leave a Reply