Netflix het die debuut aangekondig van hul eerste Afrikaanse reeks, Ludik.
Die reeks van ses episodes vertolk Arnold Vosloo die hoofrol van Daan Ludik. Ook te sien is Rob Van Vuuren en Diaan Lawrenson.
Die reeks is geskep deur Rose en Oaks Media, met Anele Mdoda, Paul Buys, en Frankie Du Toit as uitvoerende vervaardigers en Ian Gabriel en Harold Holscher as regisseurs.
Die reeks handel oor Ludik, blykbaar die sout van die aarde self. Sien homself as ’n gesinsman wat ’n suksesvolle meubelonderneming bestuur … die res is skop, skiet en dôner, met ’n bietjie humor.
Ludik is vanaf Vrydag, 26 Augustus 2022 op Netflix.