No Good Deed

No Good Deed,
Roekeloos,
4 Januarie.

Nuut op ons lys van swak films van 2014 is No Good Deed.

Wat iemand soos Idris Alba beweeg het om hom in hierdie snert te begeef sal niemand weet nie.

Die storie gaan oor ’n moordenaar wat uit die tronk ontsnap en sy ou liefde treiter. Dis ’n sinnelose riller met die uitgangspunt dat al die karakters idiote is. Dan bou dit die storie op die een toevalligheid na die ander, met ’n paar clichés ingegooi om die spul aanmekaar te hou.

Met: Idris Elba & Taraji P. Henson
Regisseur: Sam Miller
Teks: Aimee Lagos

Genre: Riller
Taal: English
Ouderdomsbeperking: Geen o/13 jaar
Jaar: 2014
Tydsduur: 1 uur 24 minute

2

Lewer kommentaar

Leave a Reply