Pad na jou hart is ’n Afrikaanse romantiese komedie oor ’n jong, aantreklike en selfvoldane sakeman wat vyf dae het om by sy pa se begrafnisdiens in Kaapstad uit te kom.
Die skrywer François Bloemhof het die draaiboek in ’n roman verwerk wat in November 2013 bekendgestel is. Van die kunstenaars wat op die klankbaan te hore is, sluit in Adam, Joe Foster, Foto na Dans, Die Heuwels Fantasties en Karen Zoid.