The Grand Budapest Hotel

The Grand Budapest Hotel
Roekeloos
27 Julie

The Grand Budapest Hotel is ’n eksentriese juweel van ’n film.

Waaroor die storie gaan is nie so belangrik nie aangesien die onderskeie tonele kan deurgaan as ’n reeks vêrlangs verwante episodes.

Regisseur Wes Anderson het genoem dat die skrywer Stefan Zweig sy inspirasie was vir die teks, wat hy saam met Hugo Guinness geskryf het. Die visuele is egter die belangrikste en dit dra grotendeels by daartoe by dat mens sonder meer wil verklaar dat hierdie Anderson se beste film ooit is. Dit moet ook genoem word dat die stelontwerp fenomenaal is.

Met: Ralph Fiennes, F. Murray Abraham, Adrien Brody, Willem Dafoe, Jeff Goldblum, Harvey Keitel, Jude Law, Bill Murray, Edward Norton, Jason Schwartzman, Léa Seydoux, Tom Wilkinson, Tilda Swinton, Owen Wilson
Regisseur: Wes Anderson
Teks: Wes Anderson, Hugo Guinness, Stefan Zweig

Genre: Komedie
Taal: English
Ouderdomsbeperking: Geen o/13 jaar
Jaar: 2014
Tydsduur: 100 minute

4

Lewer kommentaar

Leave a Reply