The World Is Not Enough

Wat kan dan nou gesê word oor die man wat ´n lisensie het om dood te maak? Dat hy sjarmant is? Of dat sy sê-goed selfs Edward Scissorhands ´n sny sou gee? Of dalk dat die wêreld se beste spioen van sy drankie geskud hou, nie geroer nie?

Pierce Brosnan is terug in sy derde vertolking van 007, James Bond, in The World Is Not Enough. Onnodig om enigsins iets oor die storie te verklap, maak bekende akteurs soos Sophie Marceau, Robert Carlyle en Denise Richards belangrike bydraes tot hierdie aksiebelaaide fliek.

Kykers wat al kennis gemaak het met Bond, sal tevrede wees om te verneem dat die resep nie veel verander het in dié nuutste uitgawe nie, behalwe dat daar ´n merkwaardige oorbeweging is na ´n meer konsensieuse aanbieding met ´n ietwat gepleisterde politieke korrektheid.

Opmerklik ook dan in The World Is Not Enough is dat James Bond nie summier maar net op die matrasse (of waar ook al) met die skone diva’s baljaar nie, maar dat daar ´n deurskemering van ´n morele verantwoordelikheid is in sy benadering teenoor die eva’s.

Op ´n James Bond-skaal val The World Is Not Enough gerusstellend saam met die meesters en is sekerlik tot datum aan die toppunt van seksuele innuendo’s en dubbelsinnighede.

Regisseur: Michael Apted

Koop The World is not enough

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar