Vang alles op kykNET raak met CatchUp

Die lewe beweeg teen so ’n vinnige pas dat ’n mens heeltemal te maklik jou gunsteling-program kan misloop. En wat het jy meer nodig as jou gunsteling-program wanneer jy ná ’n lang dag wil ontspan en herlaai?

Gelukkig gaan dit nou bitter moeilik raak om kykNET-hoogtepunte te verpas – vanaf April vanjaar is verskeie gewilde reekse bygevoeg tot die kykNET-aktualiteitsprogramme wat reeds op CatchUp beskikbaar is.

Vir Compact-intekenaars sal die volgende kykNET&kie-programme op CatchUp wees sodra die eerste geskeduleerde uitsending plaasgevind het: Binnelanders, Suidooster, Villa Rosa, Egoli, SuperRugby, Thomas@, Prontuit, Winslyn, Flits, Die Boodskap – Sondag-oggenddiens & Sondagdiens asook Geloof, hoop en liefde.

Al hierdie programme sal ook vir Premium-intekenaars op CatchUp beskikbaar wees saam met splinternuwe episodes van Getroud met rugby, Koekedoor, Robinson, Sterlopers, Jou Show, Vinkel en Koljander, kykNET Verslag en kykNET Verslag in gesprek.

Om jou gunsteling kykNET-programme te kyk wanneer dit vir jóú die beste gaan pas, gaan loer gerus na ons aanbod op CatchUp. Jy blaai eenvoudig met jou afstandbeheer na CatchUp en kyk op jou eie tyd.

Lewer kommentaar

Leave a Reply