Ooievaar, lange poot,

Haal die paddas uit die sloot,

Gryp hul in jou lange bek,

Maak hul dood met trekke,

Trek,

Tot hul uitroep: Kwek, kwek!


Duimpie het in die water geval,

Lekkepot het hom uitgehaal,

Lange Jan het hom huis toe gedra,

Korte Knaap het hom neergelê,

En Pinkie het vir Ma gaan sê.


Ta, rara, ra, boemtie-y,

Oupa het op ’n vark gery,

Afgeval en seergekry,

Opgeklim en weer gery,

Ta, rara, ra, boemtie-y.


Trippe, trappe, trone,

Die varkies in die bone,

Die koeitjies in die klawer,

Die perdjies in die hawer,

Die eendjies op die waterplas,

Die gansies op die groene gras,

Ek wens dat kindjie groter was

Om al die diertjies op te pas.


Handjies klap,

Koekies bak,

Gaan na die mark,

Koop ’n stukkie long

Vir die sieke jong,

Koop ’n stukkie lewer

Vir die sieke wewer,

Koop ’n stukkie konfyt

Vir die sieke meid,

Koop ’n stukkie lint

Vir die sieke kind.

Daar kom die krappie aangekruip,

Onder die armpie ingeduik!


Daar’s ’n apie op ’n stokkie

Voor my ma se agterdeur,

Daar’s ’n gaatjie in sy broekie

En sy stertjie hang daardeur.

Lewer kommentaar

Leave a Reply