Kieslys

Close


*/

23 Julie
2009
Gedigte
2969 keer gelees
(*slegs web-weergawe)

Cecilia Ferreira

Selfportrette: ‘n Refleksie

Hierdie is ‘n reeks amateur selfportrette gedoen met my goedkoop digi en meestal photoshop. Ek geniet dit om fotograaf én model te speel, daar is geen ongemak tussen die lens en die subjek nie … daar kom baie na vore met hierdie tipe chemistry. Die foto’s is ‘n venster na my donkerte. Ek is vriende met my intensiteit, mense vind dit dreigend. Ek hoop die foto’s het nie slegs subjektiewe mening nie en dat daar ten minste visuele plesier aan die kyker gebring word.

KARAKTER



Sy speel net toneel as die teater leeg is.

SWART en WIT




DIE KRAG VAN VROULIKHEID LÊ IN ELKE VROU IN DIE WÊRELD

KRIEWEL

Ek is droog, ek het geen kreatiwiteit oor in my nie. Ek wag nou maar net, ek wag dat hy my kom vat sonder om te vra. My kop raas soos ‘n middestad, ek wil iets sterk hê om hierdie leegheid te kom opvul: skoon en koue water in ‘n vuil wynglas wat oornag gestaan het met ‘n sigaretstompie daar binne. Ek wens inspirasie wil my arm kom vat, ek wil my hand weer beweeg oor die doek soos ‘n onwillekeurige penis : ek wil ‘n skildery bevrug met spatsels kleur …
maar my muse is êrens op haar eie misie, inspirasie vat ‘n breuk en kreatiwiteit is moeg vir my intensiteit. Nou is dit net ek en hierdie kriewel in my borskas …

VROETEL

Ongelooflik hoe die dag begin het. Pragtig donker, met baie reen en baie diepte. Sy het by die venster gaan sit en TREUR dit was heeltemal amazing. Alles was weemoedig en so, so mooi. Die bome se kaal takke was VINGERS wat die hele tyd gevoel het; gevroetel het in die ysige wind.

“Ek is so verlief op jou,”het sy gesit en dink terwyl sy gestaar het na die winterboom in die straat onder haar venster. Jy is so kaal, so naak en skaamteloos sonder jou blare. Jou tak-vingers vroetel so mooi; streel teen mekaar en beweeg in ‘n spesifieke manier in die wind. Jou takke maak geluide van frustrasie, soos ‘n kerm of ‘n snik.
Sy kon nie wegbly van die venster nie. Die winter lig in die vroeg-oggend was net te mooi en blou om te weerstaan. Sy het gebewe, maar sy wou kaal wees soos die takke.

‘n NUWE DAG

n Nuwe Dag

Die lig is sy wonderlik as jy lank in die donkerte gelê het en kyk na die skaduwees teen die mure. Daar is altyd klanke wat saam met die lig kom; leef-klanke soos honde wat blaf, motors wat aanskakel in die pad en koffie koppies wat in die koffie-winkels begin klinkel.
Vandag wil sy normale dinge doen. Sy wil kook en bad en skoonmaak. Of dalk sal sy weer ‘n glas teen die muur sit en luister hoe klop die hart van die woonstelgebou. Sy sal luister hoe die deure klap en die kinders huil en die bure naai en die telefone lui.
As die son dan uiteindelik opkom is dit so fantasties om te weet jy lewe.

TREUR

Treur

… oor iets wat jy verloor het of oor iets wat jy nie kan verloor nie, want jy het dit nie.
Begeerte vreet jou op. Jy brand van begeerte. Iets is nie joune nie en jy is so seker dit behoort joune te wees dat jy verblind is deur illusie. Dis so lekker om te huil, jy het ‘n vriend gevind in die donkerte, nou kuier hy te lank al is hy nie meer welkom nie.

LIPSTICK

lipstick is so lekker
net die smaak van die stiffie is genoeg
om te weet daar is ‘n gesig
wat joune beskerm teen
wat die wêreld daar buite jou kan bring
‘n wapen
gereedskap
‘n skerm teen die kyke en die fluister en
die skaamte wat rooi flits oor jou wange

BLOEDROOI

Lipstick

Bloedrooi

EN soms is sy die ene lig
met soveel liefde om te gee sy vloei soos
‘n gety deur mense en laat hulle dink
sy is deel van die son …

maar ‘n ver-af kyk in die haar staar
verklap haar
haar kyk is twee donker gange
haar lippe bloed

VERBODE VRUG

“… ek kan nie altyd so lekker asemhaal nie,” dink sy. Sy smag na ‘n spesifieke, ligte somerreën wat in lyne afkom en strelend val oor die stad. Dan sal sy dink: “Ek kan weer asemhaal, dis so mooi, die druppels, die blare wat ‘n mat gooi vir citizin X … vir my.” Maar die druppels bly bo en jy bly onder.
“Ek het hom nodig om lewe in my te kom inblaas met sy piesang-asem en sy nat, gladde mond. Ek wil hê hy moet elke liewe stuk van my lyf proe. Ek is ‘n vrug vol sap en iets wat lewe gee. Jy het my nodig … hier is ek.”
Maar sodra hy nader kom en sy lippe teen haar raak ruk sy weg. Sy het vergeet sy is ‘n tronk; haar wimpers die tralies van haar siel.
“Loop, sê sy, ek wil alleen wees.”

GROOT VERWAGTINGE

Verbode vrug

“Ek is so verlief op jou. Jy beweeg in ‘n spesifieke patroon as die wind waai op hierdie manier. Hy maak geluide van frustrasie: amper soos ‘n kerm of ‘n snik. Dis wonderlik om jou te kan sien voor my. Moenie skaam wees vir my nie, ek wil jou maar net inneem soos ‘n drankie of ‘n pil. ”
Hierdie plek dra haar weg. Sy het haarself agtergelaat, maar reis terselfdetyd vorentoe. Dalk is sy twee persone?. Altyd alleen wandel sy, maar sy is nooit waarlik eensaam nie. Dis hier waar sy hom ontmoet het en sy wens dat sy kon vergeet van alles wat daarna gebeur het: hy was die vurk in die pad, daai stuk waar jy uitkom en dan dink jy: ” O fok, wat nou?” Daai stuk waar alles regs kan wees of links, stukkend of heel, goed of sleg … Sy het in die park gesit en droom oor begeertes en branders toe hy skielik langs haar verskyn het. Hy het so naby aan haar op die bankie gaan sit dat sy vir die eerste oomblikke gedink het sy ken hom. Daar was ‘n reaksie wat so sterk was sy het gevoel iets ruk haar hard, maar dit was nie met die eerste oogopslag nie. Eers toe hy daardie spesifieke sin gesê het, het sy energie haar binnegedring. Sy was die water en hy die klip en sy kon uitkring en uitkring net van daardie paar woorde. “Jy gaan binnekort die moeder word van ‘n engel.”

Groot Verwagtinge

Jy wag, loerend … jy wil hê dit moet gebeur. Elke dag dink ‘n mens: “Vandag gaan dit gebeur.” Dan gebeur niks en jy sien dit nie eers vir die antiklimaks wat dit is nie, anders mag jy dalk agterkom die lewe gee net voor dat hy geleef wil word. Dalk is die lewe moeg en dis nou nak-skof … dis die donkerte se beurt. Maar daar is altyd lig … die son kom altyd weer op. Die reuk van skemer penetreer jou altyd weer en elke dag se omgang met jou voel soos die eerste keer.

Groot Verwagtinge

SPIEël

Spieël

SKREEU

Skreeu

Ek weet wie ek is en ek wil die hele tyd verander. Nie omdat ek nie myself wil wees nie ,maar omdat ek weet wat ek kan wees.

SeCrEt ScreAmS

SeCrEt ScreAmS

an inner chaos,
undescovered artist … dis ek
mense fight teen hulle menswees
en dan sit ek dit op papier asof ek geheime wil vertel aan die oppervlakte
fluistering en ek vertel donker geheime
almal van ons was real voor make-up
we turned ourselves into secrets

dgoakjsg;dklag;iohaglshglkjashiehsr;gihjdhgsdkcfnlk sghdz
shzcflnssgahsfdogahg;jkhfgjhasfklhgklfhgarwhg;oiarhgahgj;alghlf
kasjghalsrgha;jdgh;askletuwa’ietjh’wRAGDSLKFA’OIFHOIAHWG’AHGA’OIH
ASJGHR;WINTVOTIU ER’ESZLG’AEWRWaOR POAHOR YAHRasv: clVK’SD OIG
TW[AGAWREHT[
RQW246J53;L buI
[6N507
I[OI
0OJIT0
I

Indeks van digters

(Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za)




Gee jou mening







Gereeld gelees

11 Julie 2010
Gedigte
Verklarende Afrikaanse Woordeboek
Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (waarvan die eerste uitgawe reeds 70 jaar gelede verskyn het) is die handwoordeboek waarin die grootste versameling trefwoorde in Afrikaans verklaar word.
08 November 2012
Gedigte
Kort grappe
Jou ma is so kort, mens ...
27 November 2010
Gedigte
Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte
Die vierde, uitgebreide uitgawe van Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het.
07 Januarie 2009
Gedigte
Gedigte van Anell de Beer
Wat 'n groot voorreg om deel te kan wees, en immers ek is bevrees. Ons is almal oud genoeg, om in die more te wroeg.
24 Mei 2012
Gedigte
Kort grappies
Wat is die verskil tussen ’n voël en 'n vlieg?

Onlangse kommentaar

H L Wehr
2019-01-17 22:25:02
Definisie en betekenis die verskil...
Robert
2019-01-10 18:20:15
Kan Annarine Erasmus my groot asb kontak deur my te epos na robert.conradie91@gmail.com Dis in verb...
Robert
2019-01-10 18:11:44
Hi annarine dis Robert hoe kan ek met u kontak maak. Stuur asb virmy 'n epos na robert. conradie91@...

Advertensie

Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief 'n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD