Op 10 Augustus 1866 berig ’n koerant in Bloemfontein, The Friend, oor Antjie Somers. Hy was glo ’n struikrower tydens die bewind van lord Charles Somerset.

Antjie Somers was ’n man wat vroueklere aangetrek het en dan Kapenaars aangerand of beroof het.

Die naam het lank na die 18de en 19de eeu bly voortbestaan. Nuwe stories het rondom die figuur ontstaan en sommige van die stories word vandag nog vertel. So word vertel dat Antjie Somers kinders ontvoer wat alleen of ontydig buite rondloop, dat hy kinders met ’n handbyltjie doodkap en vrouens en kinders aanrand wat alleen by die huis is.

Vandag is Antjie Somers meer ’n skrikwekkende vroulike figuur soos ’n heks en haar naam word gebruik om kinders skrik te maak.

Lewer kommentaar

Leave a Reply