Gedigte van Arno Oosthuizen

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za

Diepekloof van Wonderberg

Weet jy wa lê die diepekloof,
die diepekloof van wonderberg?
Da wa die see die aarde insluk en uitspoeg,
insluk en uitspoeg,
so terg-terg.

Da wa ek ha eens gesien het,
da tussen die rotse ennie sand,
tussen see water en see wyn,
het ons gelê,
ek en sy.

En ons het gepraat
oor see en wyn
en vry wees.

Ons het ve die maan gegluur en hy’t ons terug gestaar.
Sy silver strale sag op haar gesig op haar gesig.
En toe breek die einde aan.

‘Dis tyd om te gaan’ se die maan
‘Myn broeder son is om die laan’

Ons loop toe terug,
ek en sy so hand aan hand
terwyl die son stadig sy kop wys’
daar anderkant.

Die nags verby,
ons twee verlei,
sy staar my my innie oë en sê:
‘Sal jy wag vir my by die diepekloof,
die diepekloof van wonderberg?
Da wa die see die aarde insluk en uitspoeg,
insluk en uitspoeg,
so terg-terg.’

Nous die jare later en ek staan en wag,
ve die vrou van die see …
die vrou van diepekloof …
van wonderberg …
waar die see die aarde insluk …
uitspoeg …
so terg-terg …

storie van ‘n affie meisie

appels
en pere
en groot
gewere

tussen stede waai die vere
en die son
en die maan

verlig
die kamers van my hart
soos lampale
op die hoeke van
hillbrow
en hatfield
waar sy staan

elke aand nog ‘n doos
sigarette
nog ‘n fix
vir die pyn in haar arm

tussen die vuil blinders van ‘n one bedroom apartment loer ‘n blink oog meisiekind
en sy sien geen toekoms

net die ewige gedreun van die volgende sirogaat pa
en dan
kom die donkerman

soos lellies in die wind
buk en buig ons vir aanvaarding
soos lellies in die wind
buk en buig ons vir ‘n slaap ding

En tussen die dronk aande
die honger buie
die ewige geraas

lê die soeke na perfeksie
‘n ewige refleksie
van ‘n self
wat nie bestaan

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply