Gedigte van BaDMaN

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za

My Resep vir Liefde

Gee my net ‘n huise by die kus
Met ‘n kat en ‘n hond en ‘n klein ou stoep
Met ‘n geuweldak en ‘n loerie wat roep
Net ‘n plekkie om my lyf te kan rus

Gee my ‘n meermin wat weet hoe’m te praat
Met haar lang wilde hare en volla wat roes
Een wat weet hoe’m skulpe te oes
Een vol liefde vir ewig my maat

‘n Klein ou plekkie met ‘n buitegebou
Waar ek dinge uit hout en skuite kan bou
Sommer ‘n plek sonder ‘n straat
Met ‘n vergete adres en ‘n foon wat nie skaad

‘n Rak vol boeke uit die oude doos
net om my leenwees vir ewig te troos
‘n grammefoon wat ou plate nog lank kan speel
met ‘n opwen slinger en stem wat nog streel

Gee my net my plekkie by die see
Waar dit verborge skatte smorens opgee
‘n Strand so lank soos die oog kan sien
‘n Plekkie waar ons die vaders kan dien

Wie moet ek vra vir ‘n plekkie van goud
Dit is my begeerte al is dit so oud
‘n plek waar die son amper vir ewig sal skyn
Met die blouste branders wat nooit sal verdwyn

My Wonderboom

My wonderboom wat lank oor my skadu gegooi het, het sy glans en groen verloor na die somer van liefde wat my so lank laat borrel het van adrenalien en takke wat groot en sterk was, is nou geknak net bo die oog waar boomgom nou die merk agterlaat wat aanhou huil van verdriet.

Daar is plekke waar somers vir-ewig is,
en winters vaal en droog vir ander pas
My somer het herfs gemis, winter het ingevaar,
en n verlepte roos wat van staal gemaak was,
het sy glans en glorie verloor teen die stryd van
roes en verdriet, en alleen wees het ingesink
maar daar sal altyd ‘n kat wees om te troos of
nog ander onkruid om teen stryd te voer

Wie weet hoe lank dit gaan wees voor die
boom weer dra, elke blaar het geval en sal
moet wag vir die lente om weer krag te kry voor
jy ‘n bloeisel of stiggie gaan sien wat weer sal blom na sy volle glorie vol chlorophyll en liefde

‘n Boom wat koolstof omskep in iets goed, as ek maar net kon leer van natuur dat alles nie vir ewig is nie, sekeres staan vir altyd en ander val om na die geringste teken van onweer. Maar van hulle sal ‘n merk agterlaat, fosseleer of net ‘n afdruk op verborge klei oorlaat, ‘n stam sal staan, na jare se weerlig geslaan, of sy naam sal vir ewig in boeke geskrewe wees.

Waar dwerge in houtkappers verander, en “einde van die wereld weer” nou die bestaan bedreig van ‘n volgroeide Jacaranda wat jaar na jaar ‘n pers kombers aanbied om verlore goggas te huisves tot hulle weer ‘n verslaande blyplek kan kry voor winter die lewe uit hulle trek. ‘n Plek waar hulle kan hiberneer, die winter verby slaap opwag vir die eerste teken van lente en die Jacaranda se eerste bloeisel van n somer van gemak, sonder ‘n tak wat sal kan buig of knak.

Het ek maar net kon leer om nie te veel water en liefde te gee, as dit maar net ‘n wattle was wat die water kon opsuig tot ek nie meer kon gee nie, of ‘n kappertjie wat soveel liefde en aandag kon absorber as wat ek kon gee. Die een het my verwerk, my water was brak en my liefde net te veel.

‘n Gedank aan oom Paul

Iewers staat daar ‘n bronsbeeld se kis
Want die boere hat gesê, waars ons erfenis
Na jare se slaap het hul hom wakker gemaak
Uit gesmelte rots het sy gedaante ontwaak

Hoe lyk oOm Paul daar op kerkstraat se plein
Daar doer van bo lyk die Transvaal maar klein
Weet jull hoe lyk ‘n bronsbeeld wat pein
Gaan kyk na oOm Paul op kerkstraat se plein

Staat oOm Paul nog na jare paraat
Opgevuur, soos ‘n slaaploos soldaat
Hy hoef nie meer waak, oor ‘n besige straat
Hier doer van bo lyk die Transvaal vol kwaad

As oOm Paul maar net kon weet
Die boer en brit het van hom vergeet
‘n Nasie van een is in twee gespleet
Hoekom was hul Britte, tog so wreed

Lank vergete lê die leë dop op vrots
Want dit was die begin van gesmelte rots
Ek hoor ‘n man sê, ons kulture gaan bots
Het ons vergeet, van onse trots

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar