Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za
Jy was …
Jy was my chat maatjie,
my skouer om op te huil,
Jy was my boks sak,
My gewete
die mandjie vir my gebroke hart.
Jy is …
Jy is my tissues
my haardroër.
Jy is my swart satyn japon;
& my blou mannetjie kussing in die aand.
Jy was …
Jy was die oorsaak,
die rede;
die uitkoms.
Jy was die opstaan,
& aangaan.
Jy is …
Jy is my favorite liedjie
my gunsteling boek.
Jy is my Pantene sjampoe;
& my Fantasy parfuum.
Jy was …
My leiding as dit donker was;
my hand om vas te hou.
Jy was my adrenalien laat in die aand;
my tweede asem as ek al klaar geslaap het.
Jy is …
Jy is my dons duvet;
my bakkie se remote.
Jy is my Edgars kaart;
my wasmasjien;
my mat.
Jy was …
Jy was my glimlag gedagtes;
my persoon wat ek altyd wou maak lag.
Jy was my rede;
ma van alles my hart.
Ek is …
Ek is die wind;
Ek is die weer;
Ek is ‘n storm;
Ek het seer …
Alles wat jy op die oomblik vir my IS,
Sal ek in n oogwink weg gee,
Net sodat jy weer vir my kan wees wat jy WAS.