Soete rus

Liewe Edwina jou streng uitkyk sal gemis word,
Jou helder oe en glimlag is wat ons nog kort.
Eenmaal was jy ousus
Nou moet jy verewig rus.

Ons trane en geween sal jou nooit terug bring,
Maar ons weet Jesus se liefde sal ons omring.
Jy laat ons en jou kinders agter,
Tog weet ons Jesus is ons wagter.

Jy is jonk weg en nooit sou ons dit kon weet,
Maar sekerlik sal ons jou nooit vergeet.
Die tyd en uur het vir jou gekom,
Ons het nog tyd om vir Jesus te blom.

Fotos en herinneringe sal ons in ons harte dra,
Maar ter selfde tyd jaag ons as familie Jesus na.
Dankie vir die liefde en 35jaar se lewe
Ons sal leer om elke dag mekaar te moet vergewe.

Ons voel bietjie seer en leeg,
Maar JESUS sal ons wonde verpleeg.
Bitter is die stryd maar soet is die oorwinning.
Hiermee staan ons terug want Jesus Christus is ons Koning.

Troosting aan Charmain en die Cloete/Solomons familie. (25-10-25)

Gelukkig in ons Huis

Daar vêr in die woud,
Is dit baie koud.
Die gras is groen,
En ek verloor my skoen.

Mamma vra: “Moet ek jou dra,
Of gan jy klim op die wa?”
“Nee mamma ek is nat,
En daar voor is ’n gat.”

Stadig loop ons na ons huis, daar voel ons baie tuis.
Ek skreeu: “Pappa ons het hout”,
Want die huis was baie koud.

Pappa maak ’n kaggel vuur,
Jy sien net rook teen die muur.
Ons huis is nou warm,
Ek lê in Pappa se arm.

Cancer-storie

17 October 2024. To Ilse Stevens.

I have heard many stories,
About cancer and it’s categories.
On how it affects people’s lives,
And then break their jives.

Then boom ovarian cancer got a hold of me,
Oh girl I wanted to flee.
My world was shattered at that time,
I even forgot God and didnt give a dime.

The only thing I was thinking of,
Was no babies I would show off.
I lost my mind
And left all positive thinking behind.

Then it hit me the cancer stories
And all it’s categories.
Now I am one of it
Oh my I hated the thought of it.

I am going to die was my thought,
“Mense” I am human my mind was broad.
But then Jesus got a hold of me,
He said girl I am not done with thee.

Today I am a survivor
Because Jesus is the driver.
He assured me my life is in His hands,
My faith is in Him, not drifting sands.

No matter what we face
We should continue the race
With God on our side
We dont have to hide.

It is scary “cancer” and it’s categories
But who is the author of our stories?
The Lord in whom we are victorious.
Lots of love to Ilse Stevens and everyone who survived and battle cancer.

Privaat plekkie

’n Gedig van my wat ek vir jong kinders geskryf het toe ek vir hulle sanitêre doekies gaan uitdeel het in Eendekuil. (11 Junie 2024)

Ek vee my privaat plekkie uit,
Oops! Wat is dit wat hier uit spuit?
Die toiletpapier is bloed rooi,
sal ek mamma nou roep en in nooi?

Ek gee een harde gil,
toe sit ek op die toilet bril.
Wat is nou aan die gebeur,
het my privaat plekkie geskeur?

Mamma mamma! Bring die noodhulp sak,
Hier in my privaat plek is groot marak.
My dogter, waarom skreeu jy so?
Mamma jy sal my nie glo!

My privaat plekkie is vol bloed
amper kom dit op my voet.
Mamma glimlag en fluiter,
my dogter nou moet jy na my luister.

Jy het nou jou maandstonde,
die dogter kyk en vra opgewonde.
Mamma is dit n privaat plekkie bloei?
Mamma lag en se ja, jy het nou gegroei.

Jy moet nou 3 keer per dag was,
jou doekie knoop jy styf in n sakkie vas.
Dan gooi jy dit in die drom,
niemand sal weet wat hier kom.

Jou privaat plekkie is soos haar naam,
sy is privaat en baie baie skaam.
Niemand mag aan haar raak,
want sy is jou privaat saak.

Ongetiteld

Lank gelede was daar ’n meisiekind
Op skool was sy ’n maer gesig kind
Nooit sou sy kon weet
Dat siekte haar lewe eet

Dokter in dokter uit
Sy sê hom sê my reguit
Dokter sê meisie endometriose …
Sy sê dokter is dit die narkose

Vandag ly sy aan die grootnaam siek endometriose
Maar sy sê als het ’n doel dis nie vir die ruggraatlose
Deslin is haar naam
Eendekuil die plek se naam

Sy’s ’n vegter
God is haar regter
Hy gee haar die krag
Sy weet God het alle mag.

22/02/23

Deslin Fortuin
Deslin Fortuin

Sluit aan by die Gesprek

3 Kommentare

Lewer kommentaar

Leave a Reply