Gedigte van Hugo Bronkhorst

Mis die tye

Soms wil ek alleen wees,
En dan wil ek weer by jou wees.

Ai, hoe mis ek nie jou geklets.
Daai tye saam met jou …
Daar is so baie wat ek jou wil vertel. my
beker loopoor daarvan..
Geen seks.. net praat en praat ek wil
my ontlas in woorde met jou, wil jou
vertel van al my seer en leiding, dit wat
my siek en bedruk laat voel …

Jy is my oor, die een wat sal luister.
Wens soms ek kon jou deel … die
deel om mee te praat.

Maar deesdae is jy kwaad …
Daar is ‘n wild in jou oë …
Jy is n ander mens … die mens ken
ek nie.

Ai tog hoe mis ek nie die tye
Saam met jou!

Vergewe

Vergewe …

Ai jy vrou … hoe hardloop ek nie weg van jou!
Hoe maak ek my self nie seer en vir jou! Om nie
na jou te staar.. om nie met jou te praat …

Vergewe my.ek is nie kwaad … inteendeel!
My hart en siel die stry teen mekaar … en dit
maak my klaar, ek kan dit nie meer verdra!!!

Elke aand dan stort ek nog ‘n traan, dit wat ek met
jou gedeel het was so opreg elke woord en daad.

Jy het immers tog lag in my terug gebring en nou ontneem
ek dit van jou.. maar my hart die dra so swaar …

Gee my net tyd ek is regtig net deurmekaar..

Wil vir jou sê.. ek is so bly vir jou, wil lag vir jou,
Die belowe ek jou!!!

Vergewe my!!!

O Here!

O, Here wat maak U met die man?
Die man wat deur soveel pyn en lyding gaan …
Is ek die Job van ouds?
Toets U my, tot waar gaan U my dryf?

O, Here ek wil nie so man wees.
So man soos ek die kan nie meer met
hom self saam leef!!

O, Here ek is deurmekaar, waar het ek gevaal?
Die lelik in my maak my klaar, ek wil nie so aan gaan!

O, Here maak van my n beter mens..
Bring die lag trug in die man.
Die een wat kon lag vir Donald Duck en Mickey muis.

O, Here ek staan voor U ‘n nederige mens …
Maak vandag net van my ‘n beter mens.

Wat het gebeur

Wat het gebeur met my, die wêreld van my?
Wat het gebeur dat die wêreld van my in twee kon skeur?

Het jy dan nie hard genoeg geval nie man.jou voet gestap twee keer
teen dieselfde klip nie?

Jou Dwaas, jy is ingesluk deur die eeue oue kwaal.. wat nasies
tot ‘n val kon bring. ha ha jou dwaas!

Moennie sê ek is maar net ‘n man, in my swakheid gefaal. deur
die skoonheid van haar …

Ja jy wens.. kon dinge anders wees, watse goeie vrou kon sy nie wees …
Stem saam van haar soort is daar weinig min … maar sy is nou vir
‘n ander man besin.

So kom oor die ding …

Indeks van digters

(Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za)

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar