Gee my jou liefde
Môre skyn die son op ons twee
Dan lewe en geluk ons saam sweef
Ek sal vir jou, jou prinses wees
Beloftes sal ons maar, ‘n trou ma hou
more maak ek jou my man
En gee, gee my jou liefde
Nou veral tyd en verewig
Gee my jou liefde.
Hier staan ek langs aan jou ver altyd
Ons word dan man en vrou for keep save
My hart spring uit my bors, hier langs aan jou.
Ons is nou aan mekaar te saam verbind,
‘n toekoms sal ons bou, wel ons vind.
Gee, gee my jou liefde
Nou veral tyd en verewig
Gee, Ja gee my jou liefde.
Gedagtes maal in my voortdurend
ek sal by jou bly verewig
Die vrees oorval my weer en weer.
Wonder of ek sal bly, veral wanneer jou
mooiste oe my val.
Gee, gee my jou liefde
Nou veral tyd en verewig
Gee, Ja gee my jou liefde
(08-03-2012)
Graag dra ek die pragtige woorde op om te sê baie dankie vir ‘n wonderlike man wat ek het.
Ons is vandag 16 jaar getroud, en wil nog 16 jaar saam hom wees.
Christo, baie dankie vir alles.
Baie, maar baie lief vir jou.
Jou vroutjie
Meisiekind
Vandag 19 jaar terug
Vandag 19 jaar terug moes ek afskeid neem van die belangrikste persoon in my lewe op die 31 Des 1992. Al wat ek nou kan doen is om gedigte te skryf en dit self te lees. Maar in my hart weet ek my moeder lees die gedigte. Elke jaar die tyd stuur ek ‘n gedig in en deel dit met my vriende op facebook. Baie dankie aan almal wat my nog bystaan deur die jaar. My pa het ek 4jaar terug ook aan die dood afgestaan, en tog mis ons nog ons ouers baie. Pa en Ma julle is nie meer hier nie maar is en bly baie lief vir julle.
Ek skryf hierdie gedig sonder fensie woorde …
Ma ek skryf hierdie gedig sonder fensie woorde, sonder rym net sommer ‘n kaalvoet gedig.
Ek wens ek was ‘n skilder om al die mooi wat ma my leer vas te vang.
ek wens ek kan skilder om als wat die skepper vir die nageslag geskep het vas te vang.
Soos klein steenbokkies met bang ogies so is ma se klein fyn handjies daar om my vrese vas te vang. Ma se stem soos die sang van die voëltjies en die brul van die leeu. Sit ek hier in die stilte van die natuur se geluide wat my wese vervul. Sou die son oor my sak weet asseblief dat ek bid.
Ek weet ma sal verstaan want jy is my ma die een waarvoor ek altyd lief sal wees.
Dankie vir my mamma.
(2011-12-31)
Gedig vir Ma
Jy was nog altyd die begin van my bestaan
die punt van my hart, my son, my maan
Vir jou het ek lief, so onbeskryflik, so veel
‘n liefde wat net ‘n ma met haar kind kan deel
Ek is trots op dit wat jy van my gemaak het
dankie dat jy vir so lank oor my lewe gewaak het
dankie vir jou onvergelykbare liefde en trots
dankie vir die vrou wat jy is – jy is my rots
Ek het ontluik in ‘n volwaardige vrou, jy hét mos daarvoor gehoop
maar ek bid dat ek dieselfde reguit paadjie as jy kan loop
En wie weet, eendag het ek self ‘n dogter of twee
en sal ek self eendag ‘n traan of wat moet afvee
(2011-12-31)
My redes vir opstaan
Die oggend son het sy kop uitgesteek
die wingerde le kaal teen die heuwels
dis koud……
die voels sing ‘n hartseer liedjie
en dit laat my dink aan jou
jou glimlag, jou oe
en jou stralende persoonlikheid.
dis ‘n nuwe dag
en ek sien jou weer
daar is ‘n vuur in my hart
en elke dag brand dit meer
dit klink dalk ironies,
maar ek verkies dit so,
want dit hou my aan die gang
en gee my ‘n rede om op te staan.
en soos die voels se liedjie aanhou
sal ek aanhou probeer
elke dag, elke nag,
totdat ek jou weer sien.
Redes hoekom ek so lief is vir jou en jou bewonder
Jou liefde is vir ons kinders besonders
Jou gesig helder op as jy hulle sien
Jy het altyd tyd om met die kinders te gesels, te speel en kondensmelk uit ‘n blik te eet
Jy kam/blaas hulle hare met groot gedult en liefde
Jy neem altyd die kinders in ag in alle reelings en planne
Jy gee hulle net die beste
Jy dink altyd aan hulle.
Jy is my aantreklike man
Jy het ‘n wonderlike s’n vir humor,
Jou lag is so mooi,
Jy het goeie smaak in soveel dinge,( klere,dekor,huise ens.)
Jy het mense kennis en ware belangstellings.
Jy is prakties en het goeie Handy-Man-vermoens
Jou liefde en verdaagsaamheid teenoor my ouers
Jou liefde vir sport,deur jou het ek besef bevoorreg ek is, om dit te kan doen.
Jou gedrewenheid om gesond te leef, en te eet ten spyte van struikelblikke finansiele insig.
Jy soen my twee keer as jy groet en altyd as jy kom en gaan
Jy is so lief vir my en bewys dit so graag …
Jy vra altyd my opinie oor belangrikke besluite …
Jy gee my die geleentheid om my stokperdjie uit te leef, soos perdespring,
Ek kan die wereld saam met jou sien en verken,
Jy het my 3 pragtige dogters gegee
Jy sorg so goed vir my en gee my als wat my hart begeer.
Jy sorg dat daar altyd hulp is waar nodig
Jy gee my sulke goeie raad, en ek het so baie by jou geleer soos,
geduld en verdaagsaanheid, om iemand ander werklik in ag te neem, om bewus te wees van my omgewing, bietjie finansiele in-sig en om te Budget met geld, om meer georden en netjies te wees.
Daarom wil ek net baie, baie dankie se vir al jou liefde.
En dat God die wonderlike man in my lewe vir my gegee het …
Van jou Meisiekind
Magda
6/7/2009
Die waarheid van ‘n kind
Al ooit gedink wat die waarde van ‘n Drukkie is?
Het jy al ooit ‘n drukkie van iemand gekry?
Behalwe van familie? ‘n Drukkie sê …
“Ek is lief vir jou en ek gee om vir jou.”
Sonder woorde, natuurlik …
Met ‘n drukkie, veral dan ook by jou man deel ons tenminste een maal ‘n week ons liefde vir mekaar. Deel ons dan ook terselfde tyd ons Geloof, Vertroue, of medelye vir mekaar.
Jesus sou dit gedoen het, hoekom nie ons nie.
ek moet sê “Ek gee graag drukkies, maar nie maklik nie. HOEKOM!!
Omdat mense dit nie verstaan nie. Ek is natuurlik mal daarna omn dit te ontvang!!!
Kom ons begin van nou af mekaar ‘n drukkie gee in die plek van ‘Hallo” of “Haai” of nog egter, die regterhand, asof ons die trouformiler te hoor.
So ‘n Drukkie sê als …
Liefde met Drukkies …
14/2/2009
11 jaar van Goud
O baie jare, maar tog voel dit soos gister wat die woorde was:
“Ek verklaar julle man en vrou” oor die egpaar uitgespreek is.
Wonderlike jare saam as man en vrou.
Later is kinders gebore om die wonderlike huwelik verder te seën.
Wat kan meer gese word as:
Dankie Liewe Heer, vir U wonderlike Liefde en seen oor ons huwelik.
Vandag kan ons weer sê:
Dankie Liewe Heer, vir my eggenoot wat vir my 11
jare bygestaan en en die padjie saam met my geloop het,
Maar ek gaan verder vra:
“Liewe Heer, seen asseblief hierdie wonderlike huwelik vir nog soveel wonderlike jare saam.
Mag daar net nog soveel jare vir ons voorlê.
Dankie vir ‘n wonderlike man wat ek het.
Ek sal altyd lief bly vir jou.
Liefde Groete jou Meisiekind …
Gister, Vandag, More
Gister het ek ‘n vreemdeling ontmoet,
Vandag is hierdie vreendeling my vriend.
Indien ek nie die tyd gebruik het om “Dag” te sê nie, terug geglimlag of blad geskud het of geluister
het nie, sou ek nie hierdie persoon keer ken het nie.
Gister het ek drukkies gegee aan iemand vir wie ek baie omgee,
Vandag is hy weg … en More sal Hom nie terugbring nie.
Sou dit nie lekker wees as ons almal souweet sat ons More nog hier sal wees nie?
Maar dit kan nie gebeur nie, dus maak Vandag tyd om iemand ‘n drukkie te gee,
OF
om net te glimlag en se gerus ook “Ek gee om.”
Net vir Vandag, glimlag vie iemand wat jy nie ken nie,
Luister regtig wanneer iemand met jou praat
laat val ‘n muntstuk waar ‘n kind dit kan optel, lees iets nuuts by en dra hierdie kennis oor aan
ander, vertel iemand dat jy aan hulle dink,
Gee ‘n geliefde ‘n drukkie,
moenie ‘n vrok koester nie,
moenie bang wees om te se “Ek is jammer nie”
kyk in ‘n kind se oë en vertel hulle hoe fantasties hulle is …
Moenie daardie spinnekop in jou huis doodmaak nie, die is dalk net verdwaal, wys dit dus hoe om te
ontsnap,
kyk verby iemand se gesig na sy hart,
maak ‘n belofte en kom dit na,
Gaan kuier of bel iemand, bloot net om te se “Hallo” hoe gaan dit?
Ruik die reen, voel die briesie in jou hareen luister na die wind in die bome se blare,
gee om vir diere en luister na die vrolike sang van die voëls,
gebruik al jou sintuie tot hulle volle potensiaal,
Waardeer en geniet VANDAG!
Vandag het ek aan jou gedink!
‘n Spierwit roos
In die donker bos, tussen die bome
Groei daar ‘n spierwit blom
So alleen en rein staan hy daar
‘n Sonstraal dans op sy blare.
Bye vlieg on hom heen
Vlinders word aangetrek deur sy prag
Die maan het ook ‘n slag vir hom gelag
O Geseënd is hy van alle blomme.
Wie sorg so mooi vir jou?
Dat al die prag so aan jou klou
Is dit mens of dier
Of die groot Vadershand.
O, Heer help my om te word
Soos U Pragtige blom
Om uit te straal
My Prag in U Heiligdom
My Roos
´n Roos het gestaan
waar almal dit kon sien,
In die skadu van ´n muur,
en sy takke groei
reguit en steek
Met die verbygaan
van elke uur …
Maar eendag
deur ´n kraak
Skyn ´n sonstraallig
wat die roos toetaal bekoor,
die roos buig saggies
Nader aan die hitte,
en nog nader
En groei later oor …
Nou voel ek
die groot verlies,
Maar wees getroos,
Die roos blom daar –
Met groot skoonheid nog
Want God sorg vir elke blaar.
Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za