Klawerjas

Klawerjas
Roekeloos
2 Maart

Adam Small gee in die titelgedig van die bundel te kenne dat Klawerjas ’n uitvloeisel is van ’n bestaanswyse, ’n uiting gee aan die gewaarwording dat hy te midde van soveel armoede en verknegting een van diegene is wat darem nog woorde het “wat aftas teen die mure van ons donker kamers van bestaan, al soekend na die deure, openinge na die lig”.

Hy voeg sy stem by NP Van Wyk Louw en verklaar dat hy te midde van onreg nie juis anders kan nie as om te skryf, te praat en te probeer oorreed.

Hy dig in dié bundel: “Daar’s dié van ons wie nie sonder / poësie kan leef nie. Niemand hoort sonder die ervaring van die ritmiese / golwing en osmose van die fyn-gekose / sin en woord.” Maar wat hy vir homself toe-eien gun hy ook ander. Sy poësie is dan juis ook gedigte vir ander, vir gewone mense. Hy skryf: “Daarom is dit vir ’n digter nodig / om telkemale ’n vers publiek / die lig te laat sien, poësie toeganklik / te maak, en mense so te dien – soos / hierdie gedig-vol-dankbaarheid …”

Hoewel hy in hierdie bundel in gesprek tree met mededigters, skrywers, filosowe en ander kunstenaars, skryf hy vanuit die oortuiging dat sy gedigte bestem is “vir gewoon-intelligente mense” en dat dit “hoegenaamd nie ‘n vertoon van geleerdheid en obskure hoogdrawendheid moet wees nie”.

Dit is gedigte wat spreek van deurleefde ervaring, diepe oortuiging en ’n opregte meegevoel met die lot van die veronregtes. Dit is praatverse wat getuig van ’n fyn oor vir die musikaliteit van die alledaagse, die melodie wat spontaan en ongekunsteld opklink as jy die doodgewone in verwondering gade slaan.

Klawerjas
Klawerjas
Koop / Buy Klawerjas >> (sagteband)

Koop / Buy Klawerjas >> (eBoek)

Klawerjas / deur Adam Small — Tafelberg, 20 September 2013. — 185 p. ; sagteband. — ISBN 9780624065456 : R 144.00

3.5

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar