Noudat slapende honde

 

Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za

Ronelda S. Kamfer se debuutdigbundel, Noudat slapende honde (Kwela), is onlangs bekroon met die Eugène Maraisprys vir 2009. Sy deel die prys met digter Loftus Marais, wat dit ook ontvang vir sý debuut Staan in die algemeen nader aan vensters (Tafelberg).

Kamfer se gedigte is vreesloos, en skroom nie weg van taboe-onderwerpe nie. Sy skryf veral oor tragedies wat alledaags geword het in die wêreld waarin sy haar bevind – dwelms, druglords, en kinders wat doen wat hulle nie hoef te doen nie …

Noudat slapende honde

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar