Tafelberg-Uitgewers het ´n paar jaar gelede met ´n projek genaamd Nuwe stemme begin. Die bedoeling is om ´n platform vir ontluikende skrywers te skep wat nog nie genoeg gedigte het vir ´n eie debuut nie.
Nuwe stemme 1 het in Oktober 1997 verskyn en die werk van elf nuwe digters is daarin opgeneem.
Nuwe stemme 2 stel 16 nuwelinge aan die woord: Sarina Dönges, Toast Coetzer, Bernard Odendaal, Petrus de Kock, Renée Marais, Hans Pienaar, George Hill, Neels Jackson, Jelleke Wierenga, Elsibe Loubser, Melt Myburgh, Tertius Kapp, Johannes Prins, Gilbert Gibson, Ilse van Staden en Yolandi Woest.
Die bloemlesing bevat ´n groot verskeidenheid stemme, elk met sy/haar eie identiteit.
Hier word onder meer gedig oor die liefde en oor verlies en die dood, oor bende-bedrywighede op die Kaapse Vlakte, geweld in Suid-Afrika en die gevoelswêreld van ´n immigrant in die buiteland, terwyl die toonaard wissel van speels tot ernstig.
Nuwe stemme 2 word deur Tafelberg uitgegee.