Onversadig

Onversadig

Roekeloos

Onversadig verken opnuut verskeie hooftemas van T.T. Cloete se oeuvre, onder meer ’n verwondering oor die natuur, en ’n soeke na sintese tussen wetenskap, religieuse impulse en die grense van taal.

Hy verwoord op tegnies vernuftige wyse die onvermoë van die mens om die misterie van die skepping en sy eie bestaan te deurgrond. Hy slaag daarin om iets van die wonder vas te vang, sonder om die enigma te reduseer tot ’n eenduidige slotsom of “betekenis”. En dit doen hy in gestroopte, helder taal.

Daar is ook intieme verse oor vertwyfeling en die onlangse verlies van ’n lewensmaat. In sy jongste bundel bou T.T. Cloete sy merkwaardige digterskap op treffende wyse uit.

Onversadig word op 1 Maart 2011 vrygestel.

Koop / Buy Onversadig

Skrywer: T.T. Cloete
Kategorie: Poësie
Prys: ongeveer R 155.00
Formaat: Sagteband, 152pp

Onversadig
Onversadig

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)


Lewer kommentaar

Lewer kommentaar