Bobbejaan sit op sy klip en rook ‘n laaaaang skyf wanneer akkedis op die klip langs hom in die son kom bak.
“Wat maak jy ou?” vra akkedis.
“Rook ‘n skyf my koudbloedige broe. Klim op en maak jouself tuis, maak jou bloed waaaaaarm.” laat hoor bobbejaan.
Dis nie lank nie of akkedis se mond voel bietjie droog. Hy sê vir bobbejaan hy gaan gou af rivier toe om bietjie water te drink.
Krokodil kry vir akkedis waar hy besig is om water te slurp. Akkedis vertel vir krokodil van bobbejaan en die skyf op die krans. Krokodil wou dit nog altyd probeer het en vat pad krans toe.
“Hallo daar!” sê krokodil toe hy uiteindelik vir bobbejaan op sy krans kry.
Bobbejaan: “NOOIT BROE … hoeveel water het jy dan gedrink?”
(Stuur jou grappe na bydraes by roekeloos.co.za)
