Koos werk by die Cash ‘n Carry. Sy baas is egter op die punt om hom in die pad te steek.
Dit was nou die vierde keer dat hy onbeskof is met ‘n klant. Die bestuurder het al mooi probeer verduidelik dat “… jou dom drol …” nie ‘n manier is waarop ‘n winkel se klante aangespreek word nie. “Die klant is altyd reg” is die laaste woorde wat Koos moet aanhoor voor hy afgedank word.
Drie maande later sien die winkelbestuurder ‘n verkeerspolisieman onder ‘n boom sit en slaap. Van vêraf lyk die man nes Koos. Soos hy nader stap word sy vermoede bevestig. Hy maak vir Koos wakker. Dié is vol glimlagte, baie bly om hom te sien.
“Ek wou meneer nog kom dankie sê oor julle my laat loop het.”
“Dankie, sê?”
“Ja, hierdie is die beste job wat ek ooit kon kry.”
“Hoe so Koos?”
“Meneer, in hierdie job is die customer altyd verkeerd!”
