Die gevare van gholf

‘n Man strompel die hospitaal binne met harsingskudding, verskeie kneuswonde, twee blou oë en ‘n gholfstok om sy nek gedraai.

“Wat het gebeur?” wil die dokter weet.
“Wel,” sê die man, “ek en my vrou het gholf gespeel. Ons albei het ons houe skeef getrek tussen ‘n klomp weiende koeie in. Terwyl ons na ons balle soek, sien ek een van die koeie het iets wit in haar agterent. Ek lig haar stert en ja wrintie, daar sit my vrou se gholfbal netjies geplant. Terwyl ek steeds die koei se stert in die lug hou, skree ek vir my vrou: ‘Hey liefie, dit lyk soos joune!’

Ek onthou nie veel van wat daarna gebeur het nie.”

Lewer kommentaar

Leave a Reply