Die meisie se kerel kom so skielik by haar huis aangehardloop dat die oom wat sit en grondboontjies eet op die stoep sy mond mis en die peanut in sy neus druk. Die seun is direk na die meisie se kamer en toe hy ‘n kort rukkie daarna uitkom sien hy die oom sukkel nog steeds om die peanut uit sy neus te kry.
“Kan ek help oom?” vra die seun en sonder om te wag vir ‘n antwoord is hy in die neusgat en het die peanut uit.
Toe die kerel weg is kom die tannie wat die petalje gade geslaan het uit die kombuis en sê: “Wat ‘n goeie seun, hy wil glo eendag dokter word.”
“Ja,” sê die oom “en te oordeel aan die reuk van sy vingers ook binnekort ons skoonseun.”
bydrae: Kobus Burger
(Stuur jou grappe na bydraes by roekeloos.co.za)