´n Dominee word afgetrek vir spoed.
Verkeersbeampte: Waar woon jy?
Dominee: Kerkstraat 1, Van Wyksdorp.
Verkeersbeampte: Jou werksadres?
Dominee: Kerkstraat 1, Van Wyksdorp.
Verkeersbeampte: O, werkloos en jy vat sulke kanse.

en

Lugwaardin: Meneer, kan ek vir u ´n drankie skink?
Dominee: Nee dankie, ek drink nie so na aan die kantoor nie.

en

Wat noem jy ‘n dominee wat onder ‘n lamppaal staan?
‘n Skynheilige

en

Die dominee se 5-jarige dogtertjie het gesien dat haar pa altyd op die trap van die kansel stilstaan en sy oë toemaak voor hy op die kansel klim. Eendag vra sy hom hoekom hy dit doen.
“Liefie,” verduidelik hy, “ek vra die Here om my te help om goed te preek.”
“Nou hoekom doen Hy dit dan nie?” wil sy weet.

en

Die dominee vra vir ‘n sesjarige: “Jy sê jou mamma bid elke aand as sy jou in die bed sit? Dis mooi. Wat bid sy?”
Die seuntjie antwoord: “Dankie Vader dat hy in die bed is!”

en

Die jong dominee sit op ‘n vliegtuig langs ‘n tannie en doen sy blokkiesraaisel.
“Skuus tog tannie,” sê die dominee “ek wil net seker maak van die een.” “Wat van ‘n vrou word soms as aantreklik beskou, maar as jy op verkeerde manier daarmee karring kan dit infeksie opdoen? Ses letters, eindig op _oesie.”
“O, dis maklik.” sê die tannie “Dit is ‘n moesie.”
Dominee: “Het tannie dalk ‘n uitveër?”

(oorspronklik gepubliseer 9 Oktober 2009)

(Stuur jou grappe na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar