‘n Man stap by die tandarts in en kla oor sy tand. Die tandarts het die tand net een kyk gegee en besluit dit moet uit. Toe hy egter die man wil inspuit teen die pyn keer dié verbete.

“Nee, asseblief, die dokter het gesê ek mag onder geen omstandighede daardie medikasie kry nie! Dit is lewensgevaarlik vir my.”

“Dan sal ek jou maar moet laggas gee.”

“Nee, ek is allergies vir daardie gas. Asseblief nie!”

“Mag u pille drink?”

“Ja, maar geen pynmedikasie nie asseblief.”

“Wel, dan het ek net die pil vir jou.”

Nadat die man die pil gedrink het vra hy: “Watter soort pil was dit wat u my gegee het?”

“Viagra,” antwoord die tandarts, “want jy gaan wragtig iets nodig kry om aan vas te hou as ek dié kiestand uitpluk.”

(Oorspronklik verskyn 29 Desember 2011)

Lewer kommentaar

Leave a Reply