’n Man stap by ’n kroeg in met sy hond en bestel ’n drankie.

“Jy mag nie jou hond hier inbring nie.” sê die kroegman.
“Dis my gidshond.” kom die antwoord.
“Ag, jammer, sê die kroegman. Ek sal betaal vir jou eerste dop.”

Op pad uit loop die man en sy hond amper in Koos en sy hond vas.
“Die kroegman gaan jou uitjaag,” waarsku die man vir Koos “tensy jy sê dis jou gidshond.”

“Jy mag nie jou hond hier inbring nie.” sê die kroegman vir Koos.
“Dis my gidshond.” antwoord Koos.
“Jy lieg mos nou.” sê die kroegman “Van wanneer af gebruik hulle Yorkshire terriërs as gidshonde?”
“Wat?” sê Koos “Hulle het vir my ’n Yorkie gegee?”

Lewer kommentaar

Leave a Reply