Koos het skipbreuk gely en bevind hom op ’n verlate eiland.

Op dag twee sien hy nog iemand wie se boot vergaan het. Die persoon kom aangeswem en … wragtig … dis niemand minder as Charlize Theron nie.

Oor die maande sou die twee passievolle minnaars raak. Dit gebeur maar as twee mense alleen op ’n eiland is.

Op ’n dag vra Koos vir Charlize: “Charlize, wil jy nie vir my ’n spesiale guns bewys nie?”

“Enigiets,” antwoord sy.

“Sal jy asseblief jou hare BAIE kort afsny? En sal jy omgee as ek jou Jan noem?”

“O, dit klink nogal vreemd,” sê Charlize, “maar ek sal dit doen.”

So gesê, so gedaan. “Wat nou?” vra Charlize afwagtend.

Koos draai haar in die rigting van die strand en daar stap hulle. Na ’n rukkie draai hy na haar toe sê: “Ou Jan, jy sal nie glo saam met wie ek nou slaap nie!”

Lewer kommentaar

Leave a Reply