Koos van der Merwe

Stuur jou grappe na bydraes by roekeloos.co.za

´n Non staan eendag by ´n verkeerslig in Johannesburg, en Koos help haar ewe vriendelik oor die woelige straat.
Non: Ag, baie dankie; ek het nie geweet daar is nog sulke ordentlike jong mans in die bose stad nie.
Koos: Ag, dis niks. Enige pêl van Batman is my pêl.

Koos is ´n wonderlike minnaar, en vertel graag hoe meisies die wêreld deur swymel.
Na die tyd sê die Franse mademoiselle: C’est magnifique!
Die Engelse roos sê: Wonderful!
Die Amerikaanse meisie sê: Fantastic!
En die Afrikaanse meisie sê: So nou het jy seker al jou respek vir my verloor!.

Klein Koos se ma betrap hom in die badkamer waar hy met homself doenig is.
Ma: My kind, weet jy, jy gaan blind word as jy dit te veel doen?
Klein Koos: Ag Ma, kan ek nie maar net aanhou tot ek moet begin bril dra nie?

Koos van der Merwe was maar arm. Toe trou sy seun en Koos kon dit net-net bekostig om die paartjie vir een week se wittebrood Durban toe te stuur. Na ´n week kry hy toe ´n telegram van klein Koos uit Durban.
Stuur asseblief nog geld, Pa. Dis baie lekker hier.
Waarop Koos toe die volgende telegram terugstuur:
Die geld is op. Kom huis toe. Dis oral lekker.

Wat doen jy as Koos van der Merwe ´n handgranaat na jou gooi?
Trek die pennetjie uit en gooi dit terug.

Koos en Mike speel gholf in die Kaap en die suidooster waai sterk soos gewoonlik. Elke keer wanneer hy gereed maak staan Koos met sy voete al verder uitmekaar tot hy uiteindelik wydsbeen staan.
Mike: Waarom staan jy so swaer?
Koos: Ek het les gehad by Gary Player en hy het gesê hoe harder die wind waai, hoe laer moet jy jou balle hou.

Koos, sê Mike, jy sal moet ophou drink. Drank is ´n stadige gif!
Miskien is jy reg, antwoord Koos, maar ek is nie haastig nie.

Koos en Mike sit in die kroeg. Dit is alombekend in hulle dorp dat Koos die beste bedeeld is op die dorp.
Mike: Koos, ek hoor jy het die grootste meneer op die dorp.
Koos: Mike, jy moet nie alles glo wat jou vrou jou vertel nie.

Die dokter ondersoek Koos se toekomstige vrou. Toe hy klaar is, roep hy Koos eenkant.
Dokter: Kyk, dit is ´n lelike ding waaroor ons ongelukkig nou moet praat.
Koos: Ek weet dokter, maar sy het baie geld.

Koos se vrou roep benoud na hom: Koos, kom help! Hier is ´n by wat my wil steek.
Koos skree terug: Toemaar skat, sê net vir hom jy is moeg en het ´n hoofpyn.

Vraag: Hoekom salueer Van der Merwe sy yskas?
Antwoord: Dit is ´n General Electric!

“Koos, wat is die eerste reël van die volkslied?”
“Jy moet op aandag staan” antwoord Koos.

Koos en sy meisie stap op sy plaas toe hulle sien hoe ‘n bul ‘n koei skraap.
“Ek sal nie omgee om dit te doen nie.” sê Koos.
“Nou doen dit.” sê sy meisie, “Dis tog jou koei.”

Mike tref Koos met sy twee donkies in Portugal aan, swaar gelaai met handgemaakte keramiekborde. Hy vra vir Koos of hy net gou iets vir sy donkie kan sê, en met die fluister hy vinnig iets in die donkie se oor. Die donkie bokspring, jy sien net borde waai.
Koos, hoogs onsteld, vra vir Mike: “Wat het jy vir my donkie gesê?”
Mike sê: “Ek het hom net gesê dat sy pa dood is.”
Koos skreeu angsbevange en wys na die ander swaargelaaide donkie:”Bly stil, dit is sy suster daai!”

Van der Merwe tel ‘n Engelse girl in die bar op. Hy vra: “Your place or mine?”
Sy antwoord: “I’m on my menstrual cycle.”
Hy sê: “Dis niks! Ons gooi hom sommer agter op die bakkie!”

Koos gaan wed gereeld op die perde. Hy speel altyd vir ‘n plek en nooit die pick six nie. Hy wil darem nie ‘n kans waag nie.

Koos en sy vrou word afgetrek by ‘n spoedlokval.
“Meneer u het het 90 gery en die spoedbeperking is 60.” sê die bloubaadjie.
“Nee ek het net 60 gery.” sê Koos.
“Nee meneer, u het 90 gery.” sê die bloubaadjie.
“Nee ek het nie!” gil Koos.
Net hier leuen Koos se vrou oor en sê: “Meneer, ek moet jou waarsku, mens sukkel nie met my man as hy gedrink is nie.”

Van der Merwe kom uit die tronk uit vir dronk op straat. Sy plotjie is net buite Pretoria, so daar na Bonnacord-dam se kant toe. Hy kom die aand by die huis en sy bulterriër bevuil homself van blydskap. Van sit by die huis hy het nie ‘n sent op sy naam nie, behalwe die paar rand wat hy vir bukwerk in die tronk gemaak het.
Hy tel ‘n week oue koerant op. Die tipe wat jy gratis kry. Hy sien ‘n advertensie van ‘n boer in die Laeveld wat iemand soek wat luiperds kan jag.
Van gryp sy ou .22 en sy Swiss Army mes, hy fluit vir Loof (sy bulterriër) en Jonas en daar trek hulle met 1976 Datsun 120Y bakkie.
Hulle kom so teen vieruur die middag by die boer aan. Die boer vra hom of hy iets sal drink, want hulle gaan nou vuur maak vir braai. Van sê hy sal brandewyn en orange juice neem.
Die boer is moerig want al die vorige jagters het met hulle 4×4’s duur jaggewere daar aangekom en geen luiperd geskiet nie.
Om ‘n lang storie kort te maak: Van suip hom in ‘n koma en pass uit.
Die volgende oggend vyfuur is die boer op om ontbyt vir Van te maak, maar daar is geen Van in sig nie. So teen middag kom Van daar aan. Die boer vra of hy dalk wil koffie hê. Van sê nee, bier. Die boer is woedend. Van klap ses biere en toe fluit hy vir Loof en Jonas.
Teen drieuur die middag is Van terug. Die boer is verstom. Daar lê 13 luiperds agter op die bakkie.
Die boer vra verbaas vir Van hoe hy dit reggekry het. Van sê nee dis maklik, want tussen een en twee lê die luiperds bo in ‘n boom op ‘n tak. Dan klim hy in die boom, wip die tak en die luiperd val uit die boom. Dan gryp Loof die luiperd aan die ballas en Jonas sny sy keel af.
“O” sê die boer “maar hoekom het jy dan ‘n geweer”, “Nee” sê Van “as ek uit die boom val moet Jonas die hond skiet.”

Kort na die kroeg se toemaaktyd bel Koos sy vrou uit sy motor.
“Skat, jy moet seblief dadelik kom en my kom haal hier by die pub. Die blêsidse diewe het die kar se stuurwiel, die pedale, selfs die hele blêddie dashboard gesteel.”
“Koos,” sê sy vrou “jy is al weer op die agterste sitplek!”

Die polisieman is woedend toe hy sien Koos staan buite die kroeg in die straat en urineer. Hy strom op Koos af sê: “Hou dadelik op daarmee en sit dit weg!”
Koos zip homself toe, maar giggel onophoudelik.
“Wat is so snaaks?” vra die polisieman.
“Ek het dit weggesit” sê Koos, “maar ek het nie opgehou nie.”

Op hulle aandrang is Koos se vrou en skoonma saam met hom op ‘n jagtog in die Kalahari.
Die eerste nag maak sy vrou hom paniekbevange wakker. “Mammie is weg!”
Koos vat sy geweer en met sy vrou agterna stap hy die donker in. Nie ver van die kamp af nie gewaar hulle sy skoonma, rug teen ‘n boom met ‘n leeu wat vir haar staan en gluur.
“Ag jinnetjie tog!” gil Koos se vrou, “Wat gaan ons nou doen?”
“Niks nie!” sê Koos kalm “Daai leeu het homself in die gemors gekry, hy kan homself daar uitkry.”

Koos en ‘n jong dame stap by die beste klerewinkel in Sandton in.
“Wys ons jou duurste rok!” dring Koos aan.
Terwyl die jong dame die rok aanpas fluister die winkelassistent in Koos se oor: “Meneer, daardie rok kos amper R100 000.”
“Dis niks nie” fluister Koos terug, “ek skryf vir jou ‘n tjek”.
“Dis reg so meneer” sê die verkoopsdame “Vandag is Vrydag, u kan Maandag terugkom om die rok te kom haal, indien die bank u tjek aanvaar.”
Maandag is Koos teru in die winkel.
“Meneer” sê die verkoopsdame verontwaardig “hoe durf u u gesig weer hier wys, daar was nie ‘n sent in u rekening nie!”
“Ek moes net kom dankie sê” glimlag Koos, “dit was die beste blêrrie naweek van my lewe.”

Koos se motor wat kruis en dwars oor die pad ry word deur ‘n verkeersman afgetrek.
“Waar was u meneer?”
“Innie (hik) kroeg.” sê Koos.
“Hoeveel het u gedrink?” vra die verkeersman.
“Kan nie onthou maar dit was ‘n hele paar.” sê Koos.
“Besef u dat u vrou uit die motor geval het so ‘n paar blokke terug?” vra die verkeersman.
“Dank die hemele” sê Koos verlig, “ek dog ek het doof geraak.”

Koos word gearresteer vir dronkbestuur deur ‘n vroulike polisiebeampte. Sy noem dit vir hom dat enigeiets wat hy sê teen hom gehou mag word.
Koos skree: “Tiete!”

Lank, lank gelede toe die eerste stoomtreine net hul verskyning in Suid-Afrika gemaak het besluit Koos Senior dat dit tyd is vir hom en Klein Koos se eerste treinrit. Kaartjies vir Johannesburg word op Kaapstad se stasie gekoop asook ‘n paar nartjies om die senuwees in toom te hou. Dis net voor die trein die eerste tonnel ingaan dat Koos Senior ‘n hap van sy nartjie vat.
“Klein Koos!” gil Koos senior.
“Ja pappie”
“Het jy al ‘n hap van daai nartjies gevat?”
“Nee pappie”
“Moenie! Toe ek aan myne byt toe word ek blind.”

Koos aan sy vrou:
“Skattie, ek het ‘n vriend genooi vir ete.”
“Koos, is jy nou mal? Die huis lyk soos ‘n varkhok, hier is niks kos nie, al die skottelgoed is vuil en ek lyk verskriklik!”
“Ek weet”
“Nou hoekom nooi jy die man!”
“Die arme drommel dink daaraan om te trou.”

Die tweede bedryf van die toneelstuk is op die punt om te begin, maar Koos hardloop al knypende op soek na ‘n toilet. Almal sit al later, maar Koos kan net nie ‘n toilet kry nie. Gelukkig een van die deure wat hy oopmaak hom na baie donker vertrek waar hy ‘n fontein kan uitmaak en aangesien daar niemand in sig is nie verlig Koos hom sommer in die fontein. Hy haas hom terug na sy sitplek en vra aan sy vrou:
“Het ek iets gemis?”
“Iets gemis?” sis sy vrou vir hom, “jy was op die verhoog!”

Koos en sy vrou is gefasineer met die outydse oop vliegtuie op die lugskou. Koos wil by een van die vlieëniers weet hoeveel dit sal kos om hom en sy vrou vir ‘n rit te vat.
“R100 per minuut” sê die vlieënier.
“Allemagtig!” sê Koos.
“Ek sal met jou ‘n ooreenkoms aangaan.” sê die vlieënier “Ek vat jou en jou vrou op en as nie een van julle binne die eerste minuut gil nie vlieg julle gratis, maar as ek ‘n geluid hoor betaal julle R500.” Koos stem in en na ‘n wilde rit van vyf minute land hulle weer.
“Wel, geluk is sekerlik in orde.” sê die vlieënier. “Nie een van julle het ‘n geluid gemaak nie.”
“Ja wragtig.” sê Koos “My R500 was amper daarmee heen toe ek sien my vrou val uit.”

Koos en Piet sit die Sondag-middag in ‘n kroeg. Koos vra vir Piet: “Piet, sê my bietjie, as jy moes kies aan watter siekte jy moet ly, Parkinsons of Alzeimers, watter een sal dit wees?”. Sonder om twee keer te dink antwoord Piet: “Koos, vir ‘n feit Parkinsons, want ek sal veel eerder die dop mors-mors na my mond toe bring as te vergeet waar ek die bottel gebêre het!”

Die twee ou skool pelle, Piet en Koos, loop mekaar raak na twintig jaar.
“Hei ou Piet, jy lyk goed man. Wat het jy met jou lewe gedoen na skool?” vra Koos.
“Nee” sê Piet “ek het Tale gaan swot op Tukkies en het my Honneurs behaal. Daar het ek toe ook my vrou ontmoet. Sy skryf gedigte en prosa en het ‘n Meestersgraad in Letterkunde. Ons is baie aan kultuur gekoppel jy weet … My seun is ‘n konsertpianis in Amerika vir die Amerikaanse Philharmoniese orkes en my dogter is die hoofballerina in London se balletgeselskap. Julle moet een aand oorkom dan hou ons ‘n kultuur-aand. Wat het jy met jou lewe gedoen Koos?”
“Nee” sê Koos “ek was mos al op skool al ‘n bietjie bakleierig en het toe na skool maar ‘n bokser geword. Daar het ek ook my vrou ontmoet, die dogter van ‘n promotor, en in daai tyd kon vrouens mos nie boks nie toe begin sy met karate en sy het haar black belt gekry voor ons eerste kind. Ons seun het onlangs sy nasionale kleure gekry in stoei en my dogter verteenwoordig ons land in Judo. Julle moet een aand oorkom dan moer ons julle.”

Koos is besig om liefde te maak met sy Bokkie toe sy ‘n epileptiese aanval kry. Hy jaag met haar dokter toe. Die dokter vra wat is fout. Koos: “Ek dink haar orgasme haak vas.”

Koos was ook ‘n spraakterapeut. Oppe dag kom ‘n kêrel by sy spreekkamer in en hy vra: “K k k kan jy my he he … kan j j jy my he he help?”
, “Verseker meneer, trek net jou gulp oop en lê daai ‘meneer’ vir ons op my lessenaar.”
Verward en verbaas doen die ou so en gooi sy swingel oppie tafel.
Blitsvinnig gryp Koos ‘n swaar asbak en slaat daai jomper ‘n allemintige hou.
“A A A A A A A!” skree die ou.
“Uitstekend, meneer” sê Koos “kom môre terug vir die B.”
– Lewies

Rian Kuyk:
Die advertensie lees:
“Ongetroude man, gewillig om te reis, alle kostes gedek. Moet eie sker en skeermes hê.”
Koos doen aansoek.
“Ja,” sê die klerk, “dis ‘n modelagentskap. Hulle soek iemand om die vrouemodelle te skeer en hulle bikinilyne te trim. Die job betaal baie goed, maar daar is ‘n paar negatiewe aspekte. Jy sal moerse baie moet travel – Bahamas, Tahiti, London, Parys, en natuurlik heeldag in kaal modelle moet vaskyk.”
“Gaaf,” sê Koos, “waar gaan ek vir die onderhoud?”
“Hier in die Kaap,” sê die klerk, “en hier is jou treinkaartjie Secunda toe.”
Koos vra verward: “Secunda? Ek dog die interview is in die Kaap?”
Klerk gee hom ‘n skewe kyk: “Ja, maar dis waar die einde van die queue is!”

Koos is besig om ‘n motor se kleppe te vervang toe ‘n beroemde hartdokter verbystap.
“Haai dok” skree Koos. “Kom kyk ‘n bietjie hier!”
Toe die dokter nader staan sê hy. “Sien dok – ek haal ook kleppe uit en slyp en sit terug en as ek klaar is, hardloop sy soos ‘n horlosie. Hoekom kry jy so baie geld en ek kry omtrent niks terwyl ons eintlik dieselfde werk doen?”
Die dokter kyk hom ‘n oomblik aan en sê toe “Nou maar goed – probeer dit nou nog ‘n keer terwyl die enjin loop!”

Van der Merwe is in Frankryk om te kyk hoe die Bokke die Britte pak.
Oopmond loop hy oral rond. So sien hy nie die brandkraan voor dit hom hard tussen die bene tref nie. Hy beland in die hospitaal.
Dokter : “Meezter Va de Meerw we will have to remove your testicles.”
Net daar raak Van der Merwe mal. Hy byt, skop en krap en gewapen met ‘n bedpan hou hy almal op ‘n afstand. Gelukkig is daar ‘n Suid-Afrikaanse dokter in die hospitaal en hulle kry hom om met Van der Merwe te kom praat.
SA Dokter : “Hey Van, die ouens moet jou knaters uithaal jong.”
Van: “O, okay, nou hoekom sê hulle nie so nie, ek dog hulle wil my test tickets vat.”

Koos is in Engeland op besigheid en omdat hy alleen is gaan hy na die naaste pub toe. Hy sien ‘n girl daar eenkant staan. Hy stap nader en vra wat haar naam is.
“My name is Carmen,” sê sy.
“Dat is a much beautiful name. Is dat a familie name?” vra hy.
“No” sê sy, “it’s the name I gave myself and it’s a mixture of the things I like in life – Cars and Men. Hence Carmen. And what is your name?”
“Brandewyndoos” antwoord Koos.

Klein Koos kom uit die TV-kamer gestap: “Pappa, wat is love juice?”
Koos Senior dink “Hier is dit nou!” en vertel vir Klein Koos net daar en dan alles wat hy weet van seks.
Klein Koos sit net daar met sy mond wat oophang.
Koos Senior: “Wat het jy gekyk op TV?”
Klein Koos: “Wimbledon”

Koos se vrou gaan in kraam en die naaste hospitaal is ‘n staatsinstelling. Enkele minute na die geboorte word Koos ingelig dat daar (al weer) ‘n klein probleempie ingetree het en nou weet niemand aan wie behoort watter baba nie. “Maar moet nie bekommerd wees nie meneer.” sê die dokter “Al ander wit babatjie wat vandag hier gebore is behoort aan ‘n Australiese toeris.”
Koos word tot die babakamer toegelaat waar hy so bietjie rondgekyk het en toe jubelend op ‘n pragtige dogtertjie met die styfste krulletjies afstorm.
“Maar meneer,” sê die dokter “dit is ‘n swart babatjie?”
“Luister jy nou mooi vir my” sê Koos dreigend “Een van daai kinders is ‘n Australiër en ek gaan wragtig nie die ‘n kans waag nie!”

‘n Verkeerskonstabel laat Koos van die pad aftrek.
“Meneer” sê die verkeerskonstabel “het u nie die stopteken by die vorige kruising gesien nie?”
“O ja” sê ‘n duidelik besope Koos, “daai bordjie het gesjê STOP”.
Verkeerskonstabel: “En waarom het u versuim om te stop?”
Koos: “Meneer, glo jy alles wat jy lees?”

Die dokter gaan met vakansie en aangesien hy nie graag die paar sente wat sy praktyk inbring wil verloor nie stel hy vir Koos aan om na die mense se stories te luister en hier en daar ‘n pil uit te deel.
Met sy terugkeer wil hy by Koos weet hoe dit gegaan het.
“Nee goed dokter.” sê Koos. “Hier het ‘n vrou gekom wat gekla het van hoofpyn, toe gee ek haar ‘n disprin.”
“Baie goed Koos.” sê die dokter.
“En hier was ‘n man wat aanhoudend gehoes het toe gee ek hom hoesstroop.” vertel Koos trots.
“Uitstekend!” sê die dokter.
“En hier was ‘n vrou wat op ‘n dag hier ingestorm het, al haar klere uitgetrek het en op die ondersoektafel gaan lê het, terwyl sy my vertel dat sy getoer het en jare laas ‘n man gesien het” sê Koos.
“Wat maak jy toe?” vra die dokter grootoog.
Koos: “Toe gee ek vir haar oogdruppels.”

Nan Lödveteig:
Drie manne kom in die hemel aan en word gevra.
´´Was jy ontrou in jou huwelik Jan en hoeveel keer.´´
Jan ´´Drie keer´´
´´OK hier is vir jou ‘n nuwe Opel´´
´´Piet en jy´´
´´Net twee keer´´
´´OK vat jy dan die nuwe Toyota´´
´´Koos wat het jy te sè?´´
´´Nooit pel, nie eers in my gedagte nie.´´
´´Mooi man,Koos jy kry die Ferrari´´
Twee dae later kom die drie by ‘n vierrigting stop weer op mekaar af en Koos huil tog te droewig.
´´Hoekom huil jy man, jy het dan die beste kar gekry´´ vra die ander twee.
Koos antwoord snikkend´´My vrou is nou net hier verby, op ‘n fiets´´

Lewer kommentaar

Leave a Reply